Die soektog na ʼn kind wat in ʼn kanaal geval en ʼn man wat haar probeer red het, is Donderdagmiddag opgeskort weens weersomstandighede.
Lees meerAlles vir Donderdag 9 Julie 2020
‘Glee’-aktrise Naya Rivera word vermis
‘n Soektog is van stapel gestuur na Naya Rivera, ʼn aktrise wat veral bekend is vir haar rol in die TV-reeks “Glee”.
Fita se appèlaansoek gou aangehoor
‘n Hofdatum is geskeduleer vir Fita se aansoek om verlof tot appèl ná sy saak oor die voortgesette verbod op die verkope van tabakprodukte van die hand gewys is.
Streng optrede teen grondbesetters gevra
“Grondbesettings in Gauteng neem toe en owerhede kan nie toelaat dat plaasboere se grond en eiendom bedreig word nie.”
Betogers verwoes Monwabisi-oord in Kaapstad
Betogers van die New Monwabisi Park- informele nedersetting in Kaapstad het Donderdag ʼn brand gestig by die gewilde Monwabisi-oord.
Kouefront tref Wes-Kaap
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër die week gewaarsku ʼn “goed ontwikkelde kouefront” nader die land van die weste en sal Donderdagmiddag die land tref.
ToekomsVenster: Mag dit goed gaan
My wens is soos die van Johannes dat dit met jou in alle opsigte mag goed gaan. Mag jy geestelik groei en al hoe meer die karaktertrekke van Jesus vertoon. Mag jy emosioneel gesond en gebalanseerd bly. Mag jy liggaamlik fiks en vol energie wees. Mag dit met jou in alle opsigte goed gaan.
Brand deur ‘genadereën’ op Du Toitskloofpas geblus
Brandbestryders het heel dag lank gespook om die brand onder beheer te bring.
Universiteite se akademiese jaar begin later in 2021
Dr. Blade Nzimande het die sluier gelig oor die departement van hoër onderwys se planne oor wanneer studente vanjaar en volgende jaar (insluitend 2021-eerstejaars) met hul studies kan begin.
Boer ná brand: ‘Wonderwerke gebeur steeds’
“Die vuur het reg rondom die bale gebrand en ons het agterna smeulende gras naby die bale doodgeslaan.”
Rowers slaan toe op plaas naby Gravelotte
Op pad terug van die misdaadtoneel het die rowers se motor opgepak.
Die wêreld in foto’s – 9 Julie 2020
Te midde van die Covid-19-pandemie het Indonesië prosedures ingestel vir die hantering van slagoffers van die virus ná hul afsterwe.
Liggaam van vermiste vrou opgegrawe
Die oorledene se vriend is in hegtenis geneem in verband met haar dood.
Ondersoek na Oos-Kaap se omstrede motorfiets-ambulanse
“Die verkryging en verskaffing van beskermende toerusting was van begin tot einde ʼn gemors en nou koop ons bromponies waarvan niemand enigiets geweet het nie.”
Ster-Kinekor binnekort oop, inryteaters word oorweeg
Smag jy ook na die reuk van springmielies by jou naaste fliekteater? Ster-Kinekor het ʼn aksieplan bekendgemaak vir wanneer fliekgangers binnekort kan terugkeer. Inryteaters se planne word egter in die wiele gery.
E-konserte: Danny Smoke, Polisiekarre, Mathys Roets sing die naweek aanlyn
Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van aanlyn konserte waarmee musiekliefhebbers dié naweek kan ontspan.
Departement, mineraleraad moet buite hof skik – Solidariteit
Die huidige litigasieproses tussen die partye het verdelende gevolge en versteur die sosiale samehang in die mynbousektor.
Student vas ná ‘aanranding’ in Maties-koshuis
Die klagte spruit uit ʼn beweerde voorval Saterdag toe ʼn vrouestudent deur ʼn manstudent in ʼn koshuis op die Tygerberg-kampus aangerand is.
Só lyk SA se bevolking nou
Minder geboortes, maar mense leef langer, wys Statistieke Suid-Afrika se verslag.
’n Getuienis: Covid-19 plaas steeds druk op vervolgde Christene
Gouws het ʼn getuienis van ʼn vervolgde Christen uit Mianmar met Maroela Media gedeel, wat nou sukkel om gedurende die pandemie kop bo water te hou.