Wat het Duitsland, Oostenryk, Australië en Kanada in gemeen? Hierdie lande is almal federasies en is lande wat uitstaan vir hul suksesvolle hantering van die koronapandemie tot dusver.
Alles vir Vrydag 10 Julie 2020
Hoofregter Mogoeng se uitsprake moet fyn dopgehou word
Die topramme van die ANC-troppie, tesame met die president – wat in hierdie metafoor dalk die hekwagtertjie is – staan by ’n vurk in die pad ten opsigte van hul optrede teenoor hoofregter Mogoeng.
#JongStemme: Ons moet nou uitstyg!
Alhoewel die koronavirus ons met talle vrae en onsekerheid laat, is daar waardevolle lesse wat ons in hierdie tydperk met ons saamneem, skryf Chante Koekemoer, ’n eerstejaarstudent aan die NWU se Vanderbijlpark-kampus.
Covid-19: Ondersoek gevra na ‘absurde’ getal nuwe grafte
Dit is “absurd” dat daar vir 1,5 miljoen sterftes, drie keer meer as die wêreldwye sterftes – voorberei moet word.
Bejaarde klap mede-inwoner van aftreeoord
’n Rusie het glo ontstaan omdat die slagoffer sy tuinwerker wou toelaat om terug te keer werk toe.
Annerle Barnard lees voor uit ‘Sindikaat’
Vakansie is sinoniem met ure lange pret met die jongste rekenaarspeletjies en fietsry in die straat. Maar vir Paul, Adriaan en Karlien ontaard die vakansie in ʼn nagmerrie. Luister hier na ʼn boekvoorlesing van “Sindikaat” deur Annerle Barnard.
Hommeltuie ‘red’ boere van indringerplante
Indringerplante en -bome bedreig ondergrondse waterbronne.
Beurtkrag Vrydag in werking gestel
Die situasie kan dalk die hele naweek duur.
Nuwe SA fliek vat jou op ʼn reis deur die fases van die lewe
Die fliek speel af in die Wes-Kaapse dorpie Philadelphia.
Gru-botsing eis vyf in Jhb
Daar was glo kinders in die ligte voertuig.
Video: Sy ‘slaap’ toe sy met snoepgoed betrap word
Die manier hoe dié dogtertjie onskuldig wou lyk toe sy op heterdaad betrap word, laat miljoene kykers lekker lag.
‘Versekeraars moet uitbetaal vir Covid-19-verliese’ – reguleerder
Die finansiëlesektorreguleerder (FSCA) het versekeraars geroskam wat sakeondernemings se eise weens Covid-19 vertraag of afkeur.
Oos-Kaapse motorfiets-ambulanse is ʼn ‘flop’ – minister
Die Oos-Kaapse departement het ook nou reageer op toenemende kritiek jeens die omstrede motorfiets-ambulanse
Uitdrukking: Ons is kiets
Waar kom ons aan die uitdrukking “ons is kiets”? Taaltoffie stel ondersoek in
Die rugbyhorlosie word Saterdag weer teruggedraai
Nee wat, gaan stof maar die Curriebeker af, want net soos in Nieu-Seelandse rugby word geskiedenis gemaak en nie gekoop nie.
Plaasaanvalle: Regering se optrede ‘onaanvaarbaar, onverantwoordelik’ – IVP
Die IVP sê die regering moet met dieselfde ywer waarmee hy Covid-19 beveg ook plaasmoorde en -aanvalle help stuit.
‘Jou planne en hoop moet nooit ophou nie’
Die Solidariteit Beweging se krisisfonds het Helpende Hand in staat gestel om mense in oorlewingsnood te help.
Vandag se sportnuus
Steyn is terug in die Vrystaat.
Resep-video: Gemmerkoekie-poeding
Slegs twee bestanddele maak hierdie poeding te goed om waar te wees. En dit is net so lekker die volgende dag!
Hoe lyk Hollywood: ‘Glee’-ster steeds vermis; Kanye West het Covid-19 gehad
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.