Vanjaar se boere, almal op soek na vroulike pasmaats, se ouderdomme wissel van tussen 24 en 52.
Lees meerAlles vir Sondag 19 Julie 2020
Dapper frontsoldate in die Covid-19-oorlog
Gesondheidswerkers in die voorste linie in die oorlog teen Covid-19 dra die las van ’n pandemie wat die land op sy knieë het. Twee sleutelwerkers deel hul ervaring.
Besluit oor sluit van skole moet op wetenskap berus – SAOU
Die vakbond sê hy eis allermins spesiale bevoorregting vir onderwysers.
Gebrek aan onderdele pootjie herstel van kragtoevoer in Jhb
Sommige gebiede sit al twee weke lank sonder elektrisiteit.
10-jarige ernstig beseer in veldfietswedren
Die kind is per helikopter na ʼn hospitaal vervoer.
SAUK-werkers spreekbeurt oor afleggings in parlement geweier
Die DA sê almal, en nie net top-bestuurslui nie, verdien om hul saak aan die parlement te stel.
Covid-19-toetse dalk nie so akkuraat
“Jy kan negatief toets al toets jy selfs een dag te vroeg,” waarsku ’n dokter.
Grondbesetters steek glo Covid-19-kliniek aan die brand
Kaapstad se burgemeester sê vir sommige misdadigers is niks meer heilig nie – nie eens ʼn kliniek nie – en dat mense moet saamwerk om onwettige besettings en betogings te stuit.
Lee-Ann van Rooi maak sepiedebuut in ‘Suidooster’
“Die karakters is mense wat net soos ons is; nie vergesogte karakters nie, maar eerder mense wat jy glo bestaan.”
DA eis verskoning van Ramaphosa oor plaasmoord-opmerking
“Jou opmerking sny vandag nog net so diep as in 2018 en op ʼn tyd wat kinders in hul beddens geskiet word, ʼn swanger vrou se keel voor haar skreeuende kinders afgesny word en terwyl ʼn man met ʼn panga opgekap word, vra ons dat jy die stelling terugtrek.”
Bankkonsultant bedrieg staatsdepartement glo uit miljoene
Hy het glo die R25 miljoen na verskillende rekeninge wat hy vroeër geopen het, oorgeplaas.
ANC, EFF teiken Kaapstad oor behuisingsbeleid
Die opposisie moes eindelik maar toegee dat die stad se behuisingsprojek eintlik heel goed is.
Een sterf ná motoris vir polisie wegjaag
Drie polisielede is ernstig in die ongeluk beseer.
Boekvoorlesing: Anzil Kulsen lees voor uit ‘Reënboogmelodie’
Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal? Anzil Kulsen ondersoek dié en ander huwelikskwessies in haar jongste boek, “Reënboogmelodie”.
Vier vas ná polisie toeslaan op vermeende dwelmsmouse
Die polisie het in Sasolburg in die Vrystaat en in Oos-Londen in die Oos-Kaap op vermeende dwelmshandelaars toegeslaan.
Kommer oor nóg afleggings in mediabedryf
Volgens Sanef se berekeninge is nagenoeg 700 werksgeleenthede net in drukmedia reeds weens afleggings verlore.
Antieksjiek rok vir Prinses Beatrice op intieme troue
Beatrice, oudste dogter van prins Andrew en sy voormalige vrou, Sarah Ferguson, sou aanvanklik op 29 Mei in die St. James-paleis met Mapelli Mozzi getrou het, maar die seremonie is weens die Covid-19-pandemie uitgestel.
Skool glo in gedrang weens pensioene vir predikante
Die gemeenskap van ʼn Wes-Kaapse dorp beskuldig ʼn plaaslike predikant daarvan dat hy die grond waarop hul skool gebou is, wil verkoop.
Rahm kry sy neus voor in Ohio
Die 25-jarige Spaanse gholfspeler Jon Rahm het die spinnerakke van die Covid-19-pandemie behoorlik afgeskud en loop met vier houe voor ná die derde ronde van die Memorial-toernooi wat in Dublin, Ohio, in die VSA gespeel word.
Suid-Kaap se biodiversiteit in gevaar
Dassies het weens grootskaalse ontwikkeling amper heeltemal verdwyn, terwyl talle ander spesies ook dié gevaar loop.