Die Springbokke sal op die agtervoet wees, want die Suid-Afrikaanse regering het eers baie onlangs die jawoord gegee dat spelers in klein groepies na die speelveld kan terugkeer.
Alles vir Vrydag 24 Julie 2020
Vandag se sportnuus
Etzebeth verleng sy kontrak met Toulon.
Man ‘honderde jare’ gevonnis vir diefstal by selfoontorings
Jenkins het erken dat hy met meer as 20 selfoontorings in die Wes-Kaap gepeuter het.
Musiekster om dop te hou: Matthew John Duncan
Duncan is die eerste persoon wat ʼn platekontrak deur die “Sing for Us”-veldtog losgeslaan het.
Beenmurgskenkers nou broodnodig
Slegs 30% van die mense wat bloedstamselle benodig sal ʼn pasmaat in hul familie vind; die ander 70% van die pasiënte moet op vrywilligers se skenkings staatmaak.
Vyf glo verbind met ‘ontvoeringsindikaat’, Melville-skietery
Polisiebeamptes en lede van die Valke het vroeg Donderdagoggend op lede van ʼn beweerde ontvoeringsindikaat toegeslaan by ʼn huis in Kliprivier in die suide van Johannesburg.
Klein rooi spinnekoppie dalk nuwe spesie
Net toe ʼn mens dink jy het nou alles gesien, lewer 2020 die ontdekking van moontlik ‘n hele nuwe spinnekopspesie in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad op.
Soveel geld kry elke provinsie vir onderwys
ʼn Belangrike verwikkeling is dat kleuteronderrig eersdaags van die departement van maatskaplike ontwikkeling na die departement van basiese onderwys oorgeplaas word.
Dienslewering in Pretoria geraak deur betogings
“Hierdie gedrag grens aan misdadigheid.”
Skole sluit: ‘Onderwysvakbonde kom eerste en kinders laaste’
Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat skole weer vir vier weke sal sluit weens die Covid-19-pandemie het hewige kritiek ontlok.
Covid-19-statistieke: Meer as 6 000 sterf reeds
Suid-Afrika het reeds meer as 6 000 Covid-19-verwante sterftes aangemeld.
Gedagte vir die dag: Doen wat goed is
Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie. Moenie kwaad word nie … (Psalm 37:7-8)