“Die huis was deurmekaar en daar is bloed gevind.”
Lees meerAlles vir Maandag 27 Julie 2020
Spesiale verlof vir Ramaphosa-woordvoerder
Die woordvoerder van die president, Khusela Diko, is met spesiale verlof en het tydelik haar pligte in die parlement oorgegee.
Skole: Gebrek aan regulasies bring verdere onsekerheid
“Die versuim om regulasies te publiseer is in skrille kontras met die herinstelling van die drankverbod op 12 Julie 2020 toe die regulasies ʼn uur ná die president se aankondiging gepubliseer is.”
ʼn Ope brief oor plaasmoorde
“Die regering en die parlement kan nie hulself blind hou vir die lot van boere, plaaswerkers, hul ouers, vroue en kinders wat gemartel en sinneloos vermoor word nie.”
R1,4 miljoen se gesteelde diesel herwin
Drie verdagtes, tussen 28 en 43 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in die Vosman-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde diesel.
25 vas tydens gewelddadige betogings in Kaapstad
Minstens 25 persone is Maandagoggend in hegtenis geneem tydens gewelddadige betogings oor behuising en grondbesettings in en om Kaapstad.
Kragnetwerk is onder druk, waarsku Eskom
Eskom maan die publiek om elektrisiteitsverbruik dringend te verminder omdat die kragnetwerk onder druk is.
Dagga, sigarethandelaars verkool in KZN-ongeluk
In die een motor is groot hoeveelhede dagga en onwettige sigarette vervoer.
ToekomsVenster: Geroep om ’n seën te wees
God se bedoeling was van die begin af baie duidelik. Die wêreld moet van Hom hoor en tot geloof kom.
‘Krisis dreig’ weens kwarantyngerief in Potchefstroom
Daar is nie eens basiese bad- of stortgeriewe in die rondawels nie.
Die wêreld in foto’s – 27 Julie 2020
Só gee dié onderwyser klas op ʼn driewielfiets.
Tshwane kry hofbevel teen stakende metrowerkers
Volgens die plaaslike owerheid is sy geldsake beroerd en het hy reeds agteroor gebuig om aan werkers se eise te voldoen.
Vrou doodgeskiet op pa se begrafnis
Die vrou is glo deur haar vervreemde man geskiet.
Steinhoff wil met eisers skik
“Nie alle eisers het al hul beweerde skade gekwantifiseer nie, maar die gesamentlike eise van diegene wat dit reeds gedoen het, is meer as R136 miljard.”
Vermoorde boer van Alexandria was blind
“Boerdery loop in sy are. Hy was self so lief vir die plaas en het geboer ondanks sy blindheid.”
Wrangler eers tuis wanneer die teer eindig
Op die teerpad is hy nie perfek nie, maar waar die teer ophou, is waar die Jeep begin uitblink.
Woord: buksie
Hoekom noem ons ‘n kort persoon ‘n “buksie”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Suid-Afrikaners geldelik kniediep in die knyp – opname
“Talle mense se betaalvakansies het reeds verstryk en krediteure soos banke gaan voortaan al hoe meer aggressief begin skuld invorder.”
Vrou wil haarknippie vir ʼn huis verruil – sy het reeds ʼn kar gekry
Sy het slegs met ʼn haarknippie begin. Haar plan is om uiteindelik die knippie vir ʼn huis te verruil.
Kaapstad: ‘Gatvol’-betogings ontwrig inwoners
Verskeie paaie is gesluit weens die betogings en die meeste vullisverwyderingspersoneel ervaar uitdagings om na en van die werk te reis.