Jy hoef nie ryk of beroemd te wees om ‘n nalatenskap na te laat nie, maar jy moet slim werk. Deur tyd te bestee daaraan om jou testament op te stel en seker te maak dat dit bygewerk en relevant bly, dwing jy jouself om gedurig te dink aan die nalatenskap wat jy wil nalaat.
Alles vir Maandag 27 Julie 2020
Unisa skerm vir dosent wat kollega ‘wit t**f’ noem
Unisa sê hy het beleid en prosedures wat gevolg moet word wanneer klagtes teen sy personeel ingedien word.
3 nuwe BMW-motorfietsmodelle bekend gestel
BMW het ons genooi om ’n roete te kom ry met die nuwe fietse en ons ’n verrassing of twee belowe.
Internasionale oorsig: Is ons nou nader aan ʼn Verenigde State van Europa?
Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die EU dat gesamentlike skuld aangegaan sal word.
Vetsug en Covid: Wat is die risiko’s?
“Soveel as 90% van die sterftes weens Covid-19 in Suid-Afrika aangeteken vir individue ouer as 40, die segment in die populasie waar vetsug, diabetes en hoë bloeddruk die meeste voorkom.”
SA’ners ure sonder kos, water op Chinese lughawe
“Ek het soos ʼn dier in ʼn hok gevoel wat moes smeek vir kos. Dis onmenslik.”
Gapings in verslag waarop alkoholverbod berus
“Daar is geen inligting oor die kwessie of die traumagevalle met drankgebruik verband hou of deur enigiets anders veroorsaak is nie.”
Redakteursbrief: #BLM: Voor wat kniel jy?
Om die knie te buig voor iets of iemand hou nie noodwendig dieselfde betekenis in vir dié wat die #BLM-beweging steun as wat dit vir my inhou nie.
Pieter van der Westhuizen ʼn ‘held’ – prokureur
Van der Westhuizen het ʼn polisie-agtergrond en het ook omvattende opleiding in die hantering van ʼn vuurwapen ondergaan.
Mengelmoesies, die dood van Afrikaans
Afrikaans se toekoms word in die eerste plek deur sy eie mense bedreig, skryf Hans du Plessis.
Olivia de Havilland sterf op 104
Ten tyde van haar dood was De Havilland die oudste Oscar-wenner wat nog in die lewe was.
Polisiemanne wat geld in huis roof, vasgetrek
Die polisiebeamptes het glo die huis deursoek en ʼn onbekende bedrag geld gebuit.
SA se ‘ekonomiese herstelplan’ binnekort afgehandel
Ramaphosa sê daar is ook ooreenstemming dat die land se herstelpan moet berus op infrastruktuurontwikkeling en ekonomiese groei.
Aflegging: 9 dinge om te doen
Voordat jy selfs net ʼn deel van die fonds laat uitbetaal, moet jy eers uitvind hoeveel belasting jy op die geld sal moet betaal. Dit sal genoeg rede wees om jou aftreefonds weer te laat belê.
In rugby val jy nie rond met jou beste speler nie
Dit is die les wat die All Black-keurders geleer het deur Beauden Barrett heelagter toe te skuif.
‘Uittogboek’: Reissak inspireer voorblad
Johan Myburg gesels oor die Dan Halter-kunswerk en Chinese reissakke wat die voorblad van sy vierde digbundel, “Uittogboek” geïnspireer het.
Vandag se sportnuus
Jonty Rhodes vier vandag sy 51ste verjaardag.
Honde val kleuter tuis aan
Die twee honde het glo met mekaar begin baklei en toe hul aandag op die kleuter gevestig.
Nóg ʼn staatsmelkery in Vrystaat misluk klaaglik
Nadat die owerhede sowat R15 miljoen bestee het om die melkery by Diyatalawa van die grond af te kry, het dié projek nou ook in die hek geduik.
Verdagte smokkel glo springstof in lykswa
Die verdagtes het by die grenspos aangekom in ʼn lykswa van ʼn begrafnisonderneming in Johannesburg.