Die parlement is besig om in opstand te kom teen die soveelste onwettige handeling deur die minister van kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams.
Lees meerAlles vir Donderdag 30 Julie 2020
Stap virtueel saam teen plaasaanvalle
“Ons wil graag hê dat alle Suid-Afrikaners wat keelvol is vir misdaad, saam met ons aan hierdie protesoptog deelneem.”
‘Aanbevelings vir munisipale belasting is irrasioneel’
Die jongste aanbevelings van die finansiële en fiskale kommissie oor wyses waarop munisipaliteite hul inkomste kan aanvul, word veroordeel as “irrasioneel en totaal van die Suid-Afrikaanse werklikheid verwyder”.
Minister Zulu gevra om te bedank en op te hou mislei
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het Donderdag in die parlement verskeie oproepe aangehoor dat sy dadelik moet bedank en dat sy moet ophou om die publiek te mislei betreffend welsynstoelaes – parlementslede word deur die parlementêre reëls verhoed word om te sê ministers lieg.
Rafiki se stroper gevonnis
Een van die persone, wat verantwoordelik was vir die dood van Rafiki, Uganda se bekendste silwerrug gorilla, is gevonnis.
Sewe babas in een aand stilgebore by hospitaal
Sewe babas is Maandagaand stilgebore by die hospitaal ná dringende behandeling glo vertraag is weens personeelprobleme.
Vyf vas oor R20 miljoen se spysenieringsbedrog
Die hoof- finansiële beampte in die kantoor van die KwaZulu-Natalse premier is een van vyf persone wat Donderdag in hegtenis geneem is in verband met ʼn multimiljoen rand se spysenieringsbedrogskandaal.
ToekomsVenster: Die Here sien, hoor en doen
Hoor die Woord van die Here: “Ek breek ʼn nuwe toekoms voor hulle oop”.
Luister in 3 minute: IMF-lening, kleinsake-ondernemings bekyk
Gerhard van Onselen van Sakeliga plaas die volgende kwessies onder sy vergrootglas in die jongste “3 Minute, 3 Sake”: die IMF-lening aan die regering, Transunion-opname wys hewige uitwerking op kleinsake-ondernemings, en die Covid-19-leningsprogram is nou makliker.
Kunsbeleggers bie miljoene op Stern, Pierneef en kie
Suid-Afrikaanse versamelwyn en kunswerke van JH Pierneef, Pieter Wenning, Gregoire Boonzaier en Irma Stern is die afgelope naweek vir miljoene opgeveil.
Nóg beseerdes gevind ná struktuur ineenstort
Snuffelhonde het Donderdagmiddag die terrein gefynkam vir beseerdes nadat ʼn struktuur in Pretoria inmekaargeval het.
Video: Opsigter van woonkompleks deur inwoner aangerand
Die video wys hoe een van die inwoners die bejaarde opsigter in die gesig slaan omdat die opsigter nie sy gaste in die kompleks wil toelaat nie.
Bejaarde egpaar en dogter aangeval op Vredenburg
“Die wreedheid in hul oë was duiwels, boos.”
Die wêreld in foto’s – 30 Julie 2020
Brussel se plaaslike owerhede het die gewilde Midi-kermis gekanselleer ná strenger maatreëls vir afstandhandhawing in België aangekondig is.
Video: Nasa stuur nog ’n swerftuig na Mars
Perseverance is nog meer besonders omdat dit ʼn spesiale passasier saamneem: Ingenuity is die eerste helikopter om op ʼn ander planeet te vlieg.
Aandklokreël nou later van krag
Daar is ook wysigings rakende interprovinsiale reis aangekondig.
‘Kwarantyn’ se Le Roux-familie: ‘Dit het nog nie ingesink nie’
“Ons het vanoggend eers 05:00 in die bed geklim ná al die opwinding van die aankondiging.”
Wenke hoe om skuld af te betaal
Spaar is makliker gesê as gedaan. Waar moet ek begin spaar as ek soveel skuld het om af te betaal?
Polisiebeampte se lyk en uitgebrande motor gevind
ʼn Polisiekonstabel van Noordwes se liggaam is Woensdag gevind nadat hy vermis geraak het toe hy glo onderweg was om vir sy suster te gaan kuier.
Gautengse LUR ook op verpligte verlof ná korrupsiebewerings
Bewerings oor onreëlmatige tenders in die Gautengse departement van gesondheid het onlangs die lig gesien. Bewerings oor onreëlmatige tenders in die Gautengse departement van gesondheid het onlangs die lig gesien.