As jy ’n nuusbron oopmaak, is daar hoofsaaklik twee stories: Een oor Covid se syfers – mank soos hulle is – en een oor ANC-bedrog met Covid-verwante fondse.
Alles vir Donderdag 30 Julie 2020
Die volmaakte gesinsbuks?
Brendon Staniforth vergelyk die Opel Combo Life en Volkswagen se Caddy.
Foto’s: Só vra Malcolm Marx die jawoord
“Ek weet glad nie hoe Malcolm dit so lank geheim kon hou nie, want ʼn mens kan maklik sien wanneer hy iets wegsteek.”
#JongStemme: Klein dade is beter as groot woorde
Hierdie sosialemediabewegings illustreer ’n groter verskynsel van die sogenaamde leunstoelaktivisme (slacktivism), skryf Jacques Botma, ’n eerstejaarstudent in BCom Regte aan die Universiteit Stellenbosch.
Video: Eendjie sit tier ore aan
Dié eendjie het ternouernood ontkom danksy slimstreke en dit vrygespring om ʼn tier se middagete te word.
Hond herstel goed ná sy geskiet is
Dit het aanvanklik gelyk of Brownie dringend ’n operasie sal moet ondergaan.
SOS maak planne om skooljaar te red
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum oorweeg boonop regsoptrede indien skole wat gereed is, verhoed word om vroeër oop te maak.
‘Skarlakenkinders’ lig sluier oor mensehandel
In “Skarlakenkinders” lig Anzil Kulsen en Nadine Blom die sluier oor internetbruide, orgaan- en dwelmhandel, kinderarbeid en ander lokvalle in mensehandelnetwerke. Luister hier na die onderhoud.
Vaalharts-moorde: ‘Alle lewens maak saak’
“Dit is iemand se ma, pa en suster dié. Dit kon myne en joune gewees het.”
Potch se oudste skool vier 130 jaar
Dié skool is die oudste Afrikaanse enkelmedium laerskool noord van die Oranjerivier.
Laat jou kind speel-speel leer met Opvoedpret
Opvoedpret is ʼn opwindende aanlyn platform waar waardevolle boodskappe en aktiwiteite ure se vermaak verskaf.
E-konsertgids: Elandré, Valiant Swart, Gian Groen en Lizz Meiring dié naweek te sien
Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van aanlyn konserte waarmee musiekliefhebbers dié naweek kan ontspan.
Een dood toe struktuur in Pta ineenstort
Konstruksiewerkers was glo besig met opknappingswerk toe die struktuur skielik meegegee het.
Nuwe wind in onderwysers se seile, danksy gratis Wolkskool
Sy glo Wolkskool het aan die leerders die geleentheid gegee om self in beheer te wees, self verantwoordelik te raak en hulself te organiseer.
Nuuskommentaar: Die geskiedkundige en noodgedwonge IMF-lening van die ANC
Die ANC gaan baie vinnig die les begin leer dat niemand op ideologie alleen kan oorleef nie – ʼn mens kan dit immers nie eet nie.
Eskom: Talle opwekkers steeds buite werking
Intussen het Eskom bekendgemaak dat hy voortaan kragvermindering in dele van Gauteng en KwaZulu-Natal gaan toepas.
Troeteldiere versag Covid-19-afsondering
“Dit was nie eers ʼn dag nie, toe was ons dolverlief op hom.”
Foto’s: Eise aan hof oorhandig ná Vaalharts-moorde
Honderde lede van die gemeenskap het voor die hof byeengekom waar die vermeende moordenaars van die Vaalharts-egpaar en hul dogter verskyn het.
Dink mooi voordat spanname verander word
Die Exeter Chiefs-rugbyklub in Engeland het besluit om nie toe gee aan druk nie en die klub se logo, bestaande uit die kop van ʼn Indiaanse hoofman getooi in vere, te behou.
Ontvoerde 8-jarige se liggaam gekry
Die meisie se halfbroer word aangekla van moord en verkragting.