Die orrel by die Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk, word pyp vir pyp uit mekaar gehaal sodat dit behoorlik skoongemaak kan word ná ʼn verwoestende brand in 2019.
Lees meerAlles vir Maandag 3 Augustus 2020
Covid-19: ‘Ons kan nie nou agteroor sit nie’
Stad Kaapstad het ʼn hernude beroep op sy inwoners gedoen om steeds waaksaam te wees tydens die Covid-19-pandemie.
Ernstige bewerings teen Norma Gigaba ondersoek
Dit word bevraagteken waarom die Valke betrokke is in die saak, maar ʼn woordvoerder het Maandag verduidelik die Valke ondersoek eintlik ander, meer ernstige bewerings teen Norma Gigaba.
Dringende ondersoek geëis oor handskoene in rivier
ʼn Dringende ondersoek word geëis oor mediese handskoene wat in die Hennopsrivier in Centurion gevind is.
Tweejarige glo deur haar pa vermoor
Die verdagte is aan paramedici oorgegee sodat hulle hom kon verdoof.
Vermeende brandstofdiewe aangekeer
Transnet het Saterdag ʼn kennisgewing ontvang oor ʼn daling in die druk in die pyplyn.
ToekomsVenster: Prys die Here!
Loof Hom met alles wat jy het.
Wes-Kaap stuur ANC-ministers in hul peetjie
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het amptelik aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf om beswaar te maak teen die ontplooiing van ANC-ministers na die Wes-Kaap, glo om te help om die distriksbestuursmodel te help uitbou.
Die wêreld in foto’s – 3 Augustus 2020
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Brandstof: Só lyk Augustus se pryse
Die rand het teen die dollar verstewig, maar dit kon steeds nie ʼn styging teenwerk nie.
SA gedreig oor invalle in Mosambiek
Die ekstremistiese groep, die Islamitiese Staat (Isis), het ’n openlike waarskuwing tot Suid-Afrika gerig indien hy beoog om betrokke te raak by die verslegtende veiligheidsituasie aan die noordkus van Mosambiek.
Miljoene belastingbetalers outomaties geassesseer
Meer as ʼn miljoen belastingbetalers het reeds SMS’e ontvang wat aandui dat die SAID hulle outomaties vir die afgelope belastingsjaar geassesseer het.
Langtermynskade weens drankverbod ‘enorm’
Distell sê ironies genoeg straf die verbod gelisensieerde, wetsgehoorsame kroeg-eienaars, terwyl die onwettige mark floreer.
‘Plaasmoordenaar’ jare later in hof
Hy is verlede Donderdagaand, ses jaar na die moord op Christine Robinson, in Johannesburg vasgetrek.
Eskom eis miljarde van oudwerkers, Guptas
Die omstrede Gupta-broers en Brian Molefe is van diegene wat gedagvaar word.
Uitdrukking: ʼn Brawe Hendrik
Hoekom praat ons van “‘n brawe Hendrik” of “‘n brawe Maria”? Taaltoffie stel ondersoek in
Stel provinsiale grense oop, pleit toerismebedryf
ʼn Optog word vir volgende Donderdag beplan om die lot van die toerismebedryf in die provinsie onder die owerhede se aandag te bring.
Video: SpaceX-ruimtekapsule en ruimtevaarders terug op aarde
“Welkom terug op planeet Aarde en dankie dat u SpaceX gevlieg het.”
Ramaphosa: ‘Korrupsie tydens ramptoestand is gruwelik’
“Dit is soos ʼn trop hiënas wat ʼn gewonde prooi omsingel.”
Cosatu kasty Ramaphosa en sy administrasie
“Die president moet ferm optree en bewys dat sy administrasie nie ’n magtelose voëlverskrikker met rubbertande is nie.”