NSFAS-studente maak 40% van die voorgraadse studente aan universiteite en 70% by TVET-kolleges uit.
Alles vir Dinsdag 4 Augustus 2020
Sanparke-veldwagter vereer vir renosterbewaring
Sanparke se personeel het talle pryse vir hulle bewaringswerk op vanjaar se toekenningsgeleentheid van die Rhino Conservation Awards gewen.
Theodore Jantjies: Van ‘Laan’ na rugbyveld
“Vir jare moes ek ʼn karakter vertolk wat kantoor toe gaan en pakke dra en nou kan ek in ʼn sweetpak saam met die manne op die veld uitdraf.”
Polisie waarsku teen kapingsbende in KZN
Die rooftogte vind gewoonlik ver van ʼn hoofpad of polisiestasie plaas en dit neem die slagoffers ure om hulp te kry.
Egpaar op spog-landgoed doodgeskiet
Die egpaar se dogter is vroegoggend per helikopter na ’n hospitaal gehaas.
Stokes sê ook basta met dié Bafta
“Dit beteken eintlik dat die Springbokke-Engeland-tweestryd beter was as die beste eendagkrieketwedstryd nóg? Jammer, ek stem glad nie saam nie,” het Daniel Stevanato op Twitter gesê.
Mnr. Ramaphosa, het julle regtig hierdie inperkingstorie deurdink?
“Julle ouens in die regering weet nie wat dit beteken om géén geld en géén vooruitsigte te hê nie, want julle rol in die geld. Dié dat die duidelike ineenstorting wat ons land en sy ekonomie julle min traak.”
Resep: Hoender-tagliatelle
Hierdie heerlike pasta sal die winterkoue ʼn bietjie laat wyk.
SA bibber binnekort weer
Die Suid-Afrikaanse weerdiens sê die winter is nog lank nie verby nie.
Nuuskommentaar: Verslaaf aan rassedenke?
Kwalik is die jongste misdaadsyfers deur die polisie uitgereik of die syfers word uit verskeie oorde bevraagteken.
Voëlklip-tragedie: Ondersoek in ‘sensitiewe stadium’
Die sesjarige Cozette se liggaam is nooit gevind nie.
Tom Dreyer, die IT-boffin wat dig
Tom Dreyer het in 2019 die Avbob-digkompetisie se Afrikaanse kategorie gewen met sy gedig “Slaap jy solank, dan hou ek die fort”.
‘Weldoeners’ verdwyn met baba
Toe die ma uit die winkel kom, was die twee vroue en haar babadogtertjie skoonveld.
Pat Lambie was Suid-Afrika se Beauden Barrett
ʼn Mens besef nie aldag nie dat Lambie, wie se loopbaan op 28 jaar kortgeknip is ná ʼn reeks harsingskuddings, 56 toetse vir die Bokke tussen 2010 en 2016 gespeel en het 153 punte aangeteken het nie.
Ruhan du Toit, Bernice West blom op Top-20
Bernice West se “Die hart” bly voorlopig in die no. 1-posisie.
Skole gesluit: Dís wanneer ander grade terugkeer skool toe
Leerders in gr. 5 en gr. 8 keer eers einde Augustus terug skool toe.
Voormalige Sassa-amptenaar gevonnis vir bedrog
Die voormalige Sassa-amptenaar het fiktiewe eise en bankrekeninge gebruik om Sassa uit meer as R1 miljoen te bedrieg.
Vervalle selle glo rede vir Koster-ontsnapping
Twee van die gevangenes wat vroeër ontsnap het, is steeds soek.
Boek: ‘Wolk’, ʼn roman vir jong volwassenes
Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Lees Hannes Barnard se jongste roman “Wolk” om uit te vind.
Vandag se sportnuus
Israel Folau het staande gebly terwyl sy spanmaats die knie gebuig het.