“Ons dorp gaan vrot,” sê ontevrede inwoners.
Alles vir Woensdag 5 Augustus 2020
‘Wonderlike’ herstel ná kleuter se amper-verdrinking
“Sonder almal se gebede sou hierdie wonderlike terugvoer nie moontlik gewees het nie.”
ANC gaan Mashaba, koerant aankla ná twiet
“Dit is nou duidelik dat die leier van The People’s Dialogue ʼn man is sonder eer en integriteit.”
Al meer partye steun veranderde SA kiesstelsel
Partye wat ten gunste is van die samevoeging van die nasionale, provinsiale en plaaslike verkiesing op een dag, voer aan dat dit baie geld gaan bespaar.
Covid-19: Die getalle begin afneem – Mkhize
“Die aantal Covid-19 gevalle, opnames in hospitale en selfs sterftes is minder as wat ons aanvanklik verwag het.”
Britse Leeus van 1974 was die Bokke se tiere
Maar wanneer daar oor toerspanne gepraat word, sal die horlosie net een keer teruggedraai word, presies na 46 jaar gelede toe die Britse Leeus in 1974 deur Suid-Afrika getoer het en kop en skouers bo die res uitgetroon het.
Vandag se sportnuus
Nadal: “Dit is ’n besluit wat ek nooit sou wou neem nie, maar hierdie keer gaan ek na my hart luister en vir eers liewers nie reis nie.”
Inperking: Nuwe dinge wag op ons
“Moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom….” – Jesaja 43:18,19
Poging tot plaasaanval: Twee ‘verpleegsters’, nog vyf vas
“Dit is net genade dat die vrou die paniekknoppie betyds kon druk.”
Beiroet-ontploffing: Minstens 70 sterf reeds
Die ontploffing het ʼn stad, wat al ʼn 15 jaar lange burgeroorlog, selfmoordbomaanvalle, bombarderings deur Israel en politieke sluipmoorde gesien het, verstom.
Verbruikersake: As jy nie meer jou skuld kan betaal nie
Ina Opperman verduidelik watter bepalings in die Nasionale Kredietwet jou kan help om van jou skuldprobleme op te los.
Só lyk kortlys vir nuwe ouditeur-generaal
Elke OG sedert 1994 is deur sy adjunk opgevolg.
Annelien se kombuis: Gerookte paprika-pekans
Soms is sout pekanneute met ’n paar ekstra speserye by die perfekte peuselhappie in die kosblik of tydens ’n geselligheid.
Só lyk begunstigdes van Covid-19-hulpfonds vir toerisme
Ondernemings in wit besit het wél finansiële hulp ontvang, wys die departement se data.
Xander Bylsma dié week gevonnis
Bylsma is in Februarie skuldig bevind aan die moord op sy voormalige vriendin Sharnelle Hough en haar boesemvriendin Marna Engelbrecht.
Een vas ná ‘Hollywood-styl-transitorooftog’
Nadat hy ʼn veiligheidswag met ʼn mes aangeval het, het hy twee voertuie gekaap in ʼn poging om te ontsnap.
Gewysigde nasionale begroting kort net president se handtekening
Die Vrystaatse DA-LP George Michalakis is byna uit die vergadersaal verwyder nadat hy reguit gesê het dit is ʼn objektiewe en onomstootlike feit: Suid-Afrika word deur skelms regeer.
Tabakverbod: Hof moet kies tussen ‘eerlike burgers, misdadigers’
“Misdadigers het R13 miljard verdien, terwyl duisende betaamlike burgers hul werk verloor het.”
Covid-19-statistieke: Herstelkoers steeds hoër
Mkhize het intussen ook gesê die departement van gesondheid neem met kommer kennis dat kinders se inentings nie gedoen word nie uit vrees dat hulle Covid-19 by ʼn gesondheidsfasiliteit gaan opdoen.
Gedagte vir die dag: Goeie nuus
In die volheid van die tyd het God sy Seun gestuur. Hy is uit ’n vrou gebore, onder die wet, sodat Hy hulle wat onder die wet is, kan vrykoop, ja, sodat ons tot kinders aangeneem kan word. (Galasiërs 4:4-5)