Sanef is bekommerd oor outoritêre regimes se greep op die media gedurende die Covid-19-pandemie.
Alles vir Woensdag 12 Augustus 2020
Arbeidshof sê oor oudpolisiehoof se afdanking
Phahlane is by beweerde tenderbedrog van sowat R86 miljoen betrek wat verband hou met die aanskaffing van blou ligte en ander toerusting.
Saai nader hof oor regulasies vir jag
Wildboere kon nie vanjaar internasionale jagters ontvang nie, wat ’n verlies van omtrent R2 miljard in inkomste beteken het.
OB se aansoek om in pos te bly Woensdag aangehoor
Die hooggeregshof in Kaapstad hoor Woensdag ʼn aansoek van die beleërde Openbare Beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, aan waarin sy vra dat die parlement verbied word om ʼn mosie oor haar ontheffing van die amp aan te hoor.
Vandag se sportnuus
Volgens berigte sal die Engelse Gallagher Premiership ook sy steun vir die BLM-beweging wys.
Kaapstad mag steeds nie krag onafhanklik aankoop
Volgens die DA sloer die saak onnodig aangesien die minister te eniger tyd bloot op die aansoek kan reageer.
Veiligheidswag doodgeskiet op bouterrein
Hy was besig om die perseel waar ʼn kliniek in Barberton gebou word, te patrolleer.
Onderwys in gesprek: Gevolge van hernude sluiting van skole
Kenners bespreek wat die hernude sluiting van skole weens die Covid-19-pandemie vir onderwysers en leerders beteken.
Kenners, politici betwyfel Ramaphosa se plan teen korrupsie
Die president se sameroeping van die kabinetskomitee word as ʼn politieke maneuver beskryf.
Covid-19-statistieke: Herstelkoers op 75%
Meer as 426 000 pasiënte in Suid-Afrika het nou reeds van die koronavirus herstel.
Borgtog toegestaan aan verdagtes ná gyseldrama by kerk
Die vervolging het borgtog teengestaan en aangevoer dat die verdagtes ʼn gevaar vir die samelewing inhou.
Angie Motshekga kap terug na bewerings van korrupsie
“Die aantygings is absoluut onwaar en heeltemal kwaadwillig.”
Joe Biden wys verkiesingsmaat aan
Harris is maar die derde vrou om ʼn kandidaat vir visepresident in die VSA te wees.
Gedagte vir die dag: Van altyd af
Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag. (Kolossense 2:9-10)