Die wegkwyning van Ramaforia is dalk een van die beter dinge wat met ons as burgers kon gebeur.
Alles vir Maandag 17 Augustus 2020
Covid-19: Nieu-Seelandse verkiesing uitgestel
Dít nadat tientalle nuwe gevalle in Auckland aangemeld is.
Matrikulant sterf tragies
Volgens ooggetuies het ’n voertuig die bromponie teen ’n hengse spoed getref.
Afsondering: Toerismeverblyf daal met 95% – StatsSA
Suid-Afrika se akkommodasiebedryf het tussen April en Junie vanjaar maar R172,6 miljoen verdien, teenoor die meer as R5,5 miljard verlede jaar.
Die uitwerking van geestelike welstand op vrugbaarheid
Een uit elke vyf paartjies in Suid-Afrika sukkel met onvrugbaarheid.
Die datum wat ons lewe onherroeplik verander het
Ek onthou die verslaentheid, ek onthou my ma se hartseer, maar rustige stem. Ek onthou die geraas wat ek in die agtergrond kon hoor en my pa wat sê twee van die moordenaars is toegesluit binne-in die polisie-van sodat die plaasgemeenskap nie by hulle kan uitkom nie.
Nuwe reismaat vir avonturiers
Die enigste ding wat pla van die pakkie is die prys, skryf Brian Cheyne.
Liefde gedy vir ‘Boer soek ʼn vrou’ se Hentie en Hantie
Vandag is dié paartjie nog dolgelukkig.
Tydelike hoof vir sukkelende Denel aangewys
Denel se vorige hoof het verlede maand skielik bedank terwyl die wapenvervaardiger boonop gespook het om sy werkers se salarisse te betaal.
Kalahari-tragedie: Gesin uitgewis ná pa ook sterf
Daar word intussen nog na ’n sewejarige kind gesoek.
Betoging beplan oor werksverliese by kleuterskole
Terwyl vroeëkinderontwikkelingsentrums weens die algehele afsonderingsregulasies sukkel om bloot hul deure oop te hou, is R1,3 miljard bewillig om sogenaamde jeugvoldoeningsbeamptes by dié sentrums te vergoed.
KSA se president bedank
Chris Nenzani, Krieket Suid-Afrika (KSA) se president en voorsitter van die raad, het sy bedanking aangekondig.
Effense daling in brandstofpryse verwag, maar…
Motoriste kan moontlik volgende maand ʼn effense daling in brandstofpryse verwag, maar die situasie kan egter verander.
Skote klap by winkelsentrum aan Wes-Rand
Rowers het Sondagmiddag op ʼn juwelierswinkel in die sentrum toegeslaan en ʼn skietery het tussen hulle en die polisie uitgebreek.
Dra só ’n masker saam met jou bril
Enige brildraer weet hoe irriterend dit is om konstant jou bril te moet afhaal en skoon te maak. Maar die probleem met ʼn opgewasemde bril is veel groter.
Verf of teken en #WysJouWoord
Is jy 18 jaar of jonger? Jy het nog kans om in te skryf vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se kreatiewe #wysjouwoord-kompetisie.
Vermiste PE-pa opgespoor
Morne Pretorius se motor is Vrydag verlate by die Maitland-strand gevind.
Nóg sneeu, koeler weer verwag
’n Kouefront wat die naweek oor die Atlantiese Oseaan ontstaan het, sal teen Dinsdag na die noordelike dele van die land beweeg.
SA ekonomie ‘geknak’
Mense soos prokureurs en dokters wat vantevore heelwat belasting tot die staatskas bygedra het, vra nou self om skuldberading te ondergaan.
Theresa van Baalen lees voor uit ‘Z-A-K: Die reis na Zenkion’
Vir die volgende vyf minute kan jy jou skoolwerk opsy skuif en na ʼn voorlesing van “Z-A-K: Die reis na Zenkion” luister. Dié jeugroman deur Theresa van Baalen is die opvolg van “Z-A-K: Die Blou Planeet” en dit is geskik vir tieners dertien jaar en ouer.