Die bende het glo vyf kitsbanke opgeblaas.
Alles vir Dinsdag 18 Augustus 2020
Resep: Sjokoladefondue
Jy kan hierdie resep gebruik vir ʼn heerlike selfdoenpoeding óf ʼn sjokoladesous saam met roomys.
Blikkies politoer toe eintlik springstof
Dit is die derde keer in vier maande dat iemand op pad na of van Zimbabwe met onwettige springstof betrap word.
KZN-man vas vir dwelms, pornografie
ʼn Hoog swanger tienermeisie was saam met die verdagte in die huis ten tye van die klopjag.
Luister: Vind onderwysmodel wat karakter, kennis, vaardighede bou
In die eerste episode van hierdie reeks getiteld “Die onderwys – Kom ons beweeg saam vorentoe”, gesels René met Daan Potgieter, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk. Hulle verken Suid-Korea en Finland se onderwysmodelle.
Steenhuisen uitgedaag tot openbare debat
Die DA-leierskapskandidaat Mbali Ntuli sê mense is moeg daarvoor dat politici besluite agter geslote deure neem.
Covid-19-statistieke wys amper almal in Oos-Kaap herstel
Bykans 12 000 mense het al weens die koronavirus omgekom, met die meeste nuwe sterftes in die Oos-Kaap aangemeld.
O-Kaapse landelike polisiestasies te min lede, voertuie
Meer as 90% van polisiestasies wat plaasaanvalle moet help bekamp, het nie genoeg polisiebeamptes nie.
Gedagte vir die dag: Skatte
Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. (Matteus 6:19-21)