Regstreekse gesprek: Covid-19 – Die ramptoestand en misbruik van politieke mag – Suid-Afrika betree nou sy sesde maand van algehele afsondering en daar is talle vrae oor die afdwingbaarheid van ʼn voortdurende ramptoestand. Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek op Woensdag 19 Augustus om 14:00 op Maroela Media se Facebook-blad of webblad.
Alles vir Woensdag 19 Augustus 2020
Olifantkoei vertrap veldgids
’n Groep olifantkoeie en hul kalfies het die veldgidse onkant betrap.
Curro se leerders, wins neem toe midde Covid-19
Dit terwyl talle openbare skole spook om skoolfonds in te samel omdat leerders vir maande al nie skool toe gaan nie.
Nuuskommentaar: Mthethwa sê sportlui moet reg lyk én reg dink
Die ANC is nie tevrede daarmee as mense rassisme bloot veroordeel nie – hulle wil mense kan voorskryf op watter maniere en tot watter uiterstes rassisme veroordeel moet word. Dit gaan daarom vir die ANC bloot oor dwang.
Nege dood in twee motorongelukke
Die twee ongelukke het omtrent ʼn uur uitmekaar gebeur.
President van Mali bedank midde staatsgreep
“My wens is dat geen bloed vergiet word om my aan bewind te hou nie.”
Solidariteit sal sportlui bystaan teen intimidasie oor BLM
Mthethwa se gedrag lê geheel en al buite die bevoegdheid van ministers en maak inbreuk op hierdie spelers se vryheid van spraak, oortuigings en geloof.
Nóg bedrog in Gautengse gesondheidsdepartement onthul
ʼn Bedrag van meer as R17,2 miljoen is reeds aan die maatskappy betaal.
Vaaldamvlakke daal met meer as 20%
Damvlakke reg oor Suid-Afrika het ook die afgelope week gedaal, maar die meeste vaar steeds beter as in 2019.
Luister in 3 minute: Verslapping van inperking ‘te min, te laat’
Gerhard van Onselen bespreek in die jongste “3 Minute, 3 Sake” die verder verslapping van afsonderingsmaatreëls, ʼn groep wat aandring op groter ekonomiese vryhede om armoede te voorkom en die landbougemeenskappe se regsaksies teen die regering.
KSA kry tydelik sy eerste vroulike uitvoerende hoof
“Dit is ons mandaat om te verseker dat krieket ’n inklusiewe sportsoort vir alle Suid-Afrikaners is. Terselfdertyd is dit belangrik om ons aansien plaaslik, sowel as internasionaal, te verbeter.”
Huiswinkels – ʼn nuwe aanlyn markplek
Huiswinkels is ‘n markplek waar kopers en verkopers mekaar kan vind. Uitstallers lewer landswyd af.
Noord-Koreane eet nou troeteldiere weens voedseltekort
Honde word nou deur owerhede uit huishoudings verwyder en onder meer aan restaurante verkoop.
Boek: Slagoffer
“Die liefde is blind. En die reg.”
Ope brief aan Nathi Mthethwa: ‘Ons sal nie die knie buig’
“U kan nie u oortuigings op mense afdwing nie”.
Jong pa dood in huis aangetref
“Hy het altyd ’n danspassie of twee gehad het, soos net hy dit kon doen.”
Man gevang met halfmiljoen se onverwerkte goud
Die goud, wat na bewering derduisende rande werd is, is glo in die Klipwal-goudmyn in Pongola gemyn.
Ek sal nie…
Óns moet bepaal waarmee ons saamstem en simpatie mee moet hê, maar net so moet ons ook wal gooi en rug styfmaak oor sekere dinge.
Hamilton is vol lof vir Schumacher
“Michael was ’n uitstekende atleet en bestuurder en ek is baie geëerd dat my naam saam met syne, Ayrton Senna en Juan Manuel Fangio genoem word.”
Nieu-Seelandse afsondering onregmatig, maar geregverdig – hof
Dit is nie net in Suid-Afrika waar die afsonderingsregulasies betwis word nie.