“Om sake te vererger word voortgesette dreigemente oor die terugkeer na streng algehele inperkingsmaatreëls op ʼn amper daaglikse basis gemaak deur amptenare met klaarblyklik weinige nadenke oor die skade wat dit berokken aan lewensbestaan.”
Lees meerAlles vir Donderdag 27 Augustus 2020
Bedrywighede hervat by Mpuma-kragstasie
Eskom het Donderdag bevestig bedrywighede het ná vier maande by die Camden-kragstasie in Mpumalanga hervat.
Lindiwe Zulu se bedanking geëis
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) meen Lindiwe Zulu, die minister van maatskaplike ontwikkeling, is onbevoeg om kleuterskole en sorgsentrums te ondersteun en dring daarop aan dat sy uit haar pos bedank.
Man gevonnis oor verkragting van gestremde meisie
Die meisie het van ʼn kommunikasietoestel gebruik gemaak om in die hof te getuig.
Sewe sterf toe ambulans motor tref
“Die insittendes van die motor het glo skape gesteel en hulle het paniekerig geword toe hulle die ambulans gesien het.”
Gestremde seun sterf tydens skietery met polisie
Volgens berigte is die seun dood toe hy nie op versoeke van die polisie gereageer het nie, maar sy familie wys daarop dat hy kon reageer nie, omdat hy serebraal gestremd was.
ToekomsVenster: Moenie moed opgee nie
God het ons nie vergeet nie. Sy Koninkryk kom.
Moroe in die pad gesteek
“Die onafhanklike forensiese ondersoek het bevind dat mnr. Thabang Moroe skuldig is aan ernstige wangedrag.”
Sekerheidswagte by treindepot geskiet
’n Gewonde sekerheidswag is in ’n kantoor by die depot en twee ander op die terrein aangetref.
Verpleër kry 182 jaar vir reeks verkragtings
In een voorval in Februarie 2018 het hy drie slagoffers gelyk ontvoer en een-een verkrag.
Vermeende beddegoed-bedrieër steeds soek
Die man adverteer items soos beddegoed en eetstelle – met foto’s wat hy van die internet kry – aanlyn en verdwyn glo spoorloos sodra hy daarvoor betaal word.
Die wêreld in foto’s – 27 Augustus 2020
Waarskuwing: Die volgende grafiese inhoud kan sensitiewe lesers ontstel.
MT Steyn-standbeeld kry finale rusplek
Die MT Steyn-standbeeld weeg na raming sowat twee en ’n half ton en is die eerste beeld van ’n persoon om by die museum opgerig te word.
Uitdagende saketoestande, massa-afleggings is nadraai van drakoniese inperking
“Dit is duidelik dat ’n afname van 10%-20% in omset en verdienste nie net aanstellings beïnvloed nie, maar ook ondernemings se uitbreidingsplanne, nuwe beleggings sowel as die vermoë van die private sektor om die beste te maak van enige oplewing in kommoditeitsmarkte.”
Boer tien keer geskiet: Verdagtes vasgetrek
Een van die verdagtes het aanvanklik aan boere in die omgewing gesê hy was ook ʼn slagoffer van die vermeende aanvallers.
Brandstofpryse: Goeie nuus in September
Die AA waarsku egter dat die brandstofprys in die komende weke weer onder druk geplaas kan word.
Trap diep spore met ’n paar egte Maroela-vellies by Die Koöperasie
Kry vir jou ʼn paar egte Maroela-vellies en jy kan maar weet jy sal ʼn spoor trap wat al jou vriende jou sal beny.
Pta-skole maak harte oop met skenkings van blikkies, baadjies
“Dit was sommer skielik weer ʼn grys en koue oggend – jy voel dit sommer so aan jou lyf en vir matrieks is dit ʼn gedoente om met kaal voete skool toe te kom, maar hulle het die geleentheid aangegryp om tasbare hoop in ʼn vreemde jaar te skep.”
Twee vas vir miljoene se beweerde taksbedrog
Die twee het glo vals belastingfakture geskep en by die inkomstediens ingedien.
Ford stel beperkte weergawe Ranger bekend
Soos altyd woed die bakkie-oorlog sterker as ooit in Suid-Afrika.