Daar word verwag dat die totale graan- en oliesaadoes vanjaar meer as 17 miljoen ton kan bereik, 34% meer as verlede jaar.
Alles vir Maandag 31 Augustus 2020
Video: As sussie vir boetie uitdaag ….
ʼn Boetie en sussie van Klerksdorp in Noordwes wat uit verveling mekaar uitgedaag het, laat sosialemediagebruikers skaterlag.
Lady Gaga maak skoonskip by VMA’s
Ander sangers en groepe wat pryse gewen het, is BTS, Megan Thee Stallion, Doja Cat en Machine Gun Kelly. Klik hier vir ʼn volledige lys wenners:
Malema, Ndlozi se verhoor begin dán
Hulle word vervolg vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-offisier.
Comrades-kampioen in ‘baie pyn’ ná aanval
“Sy liggaam is glo besig om sy spiere af te breek om die wonde te probeer herstel.”
Tekortkominge in staatsdiens kry aandag, sê Ramaphosa
ʼn Beroep in die staatsdiens moet gesien word as ʼn loopbaanbestemming vir diegene wat ʼn verskil wil maak in hul land, en nie net as ʼn gemaklike nege-tot-vyf werk of ʼn plek om met minimale inspanning ʼn salaris te verdien nie.
AfriForum-boomplantmaand: ’n nuwe begin van hoop
“In dié onsekere tyd waarin ons leef – veral te midde van die Covid-19-pandemie en die inperking wat daarmee gepaard gaan – is dit belangrik om te weet dat ons die begin van lente en ’n nuwe begin met só ’n projek kan vier. Om vanjaar ’n boom te plant gee vir ons moed vir die toekoms.”
Mboweni ontken gerugte dat hy bedank het
Pres. Cyril Ramaphosa het Mboweni verlede week op die vingers getik oor uitlatings wat hy op sosiale media genmaak het.
Verskeie plaasaanvalle binne week in Hartbeespoort
ʼn Ma en haar kinders is erg getraumatiseerd nadat rowers hulle verlede week oorval en aangehou het.
Boek: ‘Die knorrige kwêvoël’ kry vriende
In ‘Die knorrige kwêvoël’ word die waarde van vriendskap uitgebeeld. Dit is geskik vir kinders tussen vier en agt jaar.
Boek: Boertjie
Hannes Deetlefs, outeur van “Boertjie”, sê hierdie is die ware en tog baie eienaardige storie van sy ouers in Namibië (voorheen Suidwes-Afrika) en hul wedervarings.
Video: Rinél Day is die heldin in haar eie musiekvideo
Die musiekvideo is vandag vir die eerste keer op Maroela Media te sien.
Een dood, polisieman beseer tydens skietery met verdagtes
“Die verdagte is dood in ʼn nabygeleë deurgang aangetref.”
Egpaar in hul kafee vermoor
ʼn Egpaar wat die eienaars van ʼn kafee in Christiana, Noordwes is, se liggame is Sondag in die kafee aangetref.
Kaapse dierekliniek bedreig deur onwettige besetters
“Die meeste strukture wat opgerig is, is deur mense gebou wat nie eens in die strukture woon nie en beplan om die strukture uit te verhuur.”
kykNET kondig dorp van die jaar vir 2020 aan
Dié Oos-Kaapse dorp se naam word nou by ’n gesogte lysie van wenners ingesluit.
Vandag se sportnuus
KSA-verkiesing: Volgens berigte het een van die benoemdes by die huis van ’n kollega ingebreek en hom sowel as sy suster en ma aangerand.
Resep: Botterskorsie-poffertjies met kaneelglaseersel
“As jy die doughnut-balletjies warm wil eet, sprinkel net strooisuiker
en kaneel oor in plaas van die glaseersel.”
Motorfietsryer ernstig beseer ná val in Drakensberge
Die 57-jarige man het vermoedelik beheer oor sy motorfiets verloor en teen ʼn steil berghang afgeval.
PGA gholf: Rahm se setwerk laat die geldlaai klingel
Rahm het sowat R28 miljoen vir sy eerste plek ontvang.