“Een van die regstreekse gevolge van die bewaringsbevel is dat niemand met die eiendom mag handel dryf totdat die hof ’n finale bevel gegee het dat dit verkoop of aan die regmatige eienaars teruggegee moet word nie.”
Lees meerAlles vir Woensdag 2 September 2020
Verdagte dán weer in hof vir ‘sluipmoord’ op Valke-speurder
Die verdagte se aansoek om borgtog tydens sy formele borgtogaansoek op 25 Junie is van die hand gewys.
Nuwe waarnemende Gautengse DA-leier aangestel
Msimanga het Moodey verlede jaar in die verkiesing van DA-leier in die wetgewer geklop.
WVF-betalings: Nxesi beloof verantwoording vir elke sent
Die ouditverslag het verskeie ongerymdhede wat die Covid-19-Ters-voordeel betref, uitgewys.
Kort ontleding: Nog bewyse van inperking se uitwerking op plaaslike ekonomie
Die ekonomie is as’t ware ʼn lewensondersteuningstelsel. Om dit summier met reusagtige eensydige dwang af te skakel rig ontsettende skade aan lewens en lewensmiddele.
Verdoemende bevindings oor Covid-19-hulppakket
Die nasionale tesourie het markverwante pryse vir spesifieke PPE-items gespesifiseer, maar in sommige gevalle het die gesondheidsdepartement die toerusting teen dubbel die prys, of soms selfs vyf keer meer as die voorgeskrewe prys, aangekoop.
Zeerust-plaasaanval: ‘Hulle het dit goed beplan’
Daar was sewe en nie vyf mans soos aanvanklik deur die polisie bevestig is nie.
Fliekvlooi Floris se resensie: ‘Parow to Parowfest: The Jack Parow Story’
Hierdie dokumentêr volg die pad wat Zander Tyler moes stap – van sy kinderdae in die noordelike voorstede van Kaapstad af tot daardie oomblik op die verhoog by sy eie fees voor duisende jillende aanhangers meer as 10 000 km van die huis af.
ToekomsVenster: Leef deur die Heilige Gees
Dit is eers wanneer ons die Gees van die Here vertrou en vra om ons in die Waarheid te lei dat die diepere dimensies van God se Woord vir ons ontsluit word.
Gedig: Kierankies braai uit
Juffrou brul: “Drie maal om die baan. Toe-toe! Laat jy gaan. ’n Gewig in elke hand, dat jou kierankies kan brand!”
‘Moontlik gevaarlike misdadiger’ ontsnap uit aanhouding
Die verdagte is sedert Sondag op vrye voet.
Man vas ná jong vrou se liggaam op vullisterrein gevind word
Die verdagte is Saterdag in sy skuilplek in Idutywa in die Oos-Kaap met die hulp van die nasionale intervensie-eenheid van Mthatha opgespoor en kort daarna in hegtenis geneem.
Die wêreld in foto’s – 2 September 2020
Te midde van die wêreldwye pandemie het mense in Peru familielede wat weens Covid-19 dood is, begin veras. Verassing druis egter in teen kulturele sterftetradisies en rituele in die land.
R1,1 miljoen … vir ʼn luikrug!
As jy teen 180 km/h by die vierde draai aankom, weet jy dié buksie is nie hier om te speel nie.
Vermeende plaasaanvaller doodgeskiet
Die boer se vrou is na die slaapkamer om ʼn vuurwapen te kry en het volgens die polisie op die rowers, wat by die huis probeer inbreek het, losgebrand.
Vyf gesoek na nóg ʼn plaasaanval
Die rowers het die kluissleutel geëis, maar kon die kluis nie oopkry nie.
Stad Kaapstad appelleer teen hofbevel oor grondbesettings
Die Stad Kaapstad voer nou aan dat die hooggeregshof ’n fout begaan het toe hy die bevel uitgereik het.
Motshekga bekommerd oor toekoms van onderwys
“As niks verander nie, sien ek swarigheid vir die onderwys en vir baie van ons leerders.”
Rasse-instituut kap Krieket SA
“Navorsing toon verreweg die meeste Suid-Afrikaners, trouens meer as 80%, verkies dat sport eerder op meriete as op ras gegrond moet word. Die vernietigende herinstelling van die rassemaatstaf in Suid-Afrikaanse sport is ʼn gevaarlike terugwaartse stap.”
Fase 4-beurtkrag vanmiddag in werking
Beurtkrag sal boonop die naweek voortduur.