Volgens die Universiteit van Kaapstad se long-instituut is die hoogste vlak stuifmeel wat nog aangeteken is vanjaar in Suid-Afrika gemeet.
Alles vir Vrydag 4 September 2020
Voormalige direkteur bedrieg Limpopo-tronk uit miljoene
Hy het die gevangenis meer as R18 miljoen gekos.
Die wêreld in foto’s – 4 September 2020
Te midde van die Covid-19-pandemie het ʼn Pakistanse hof beslis dat ʼn olifant in Kambodja hervestig word nadat diereregte-aktiviste ʼn veldtog van stapel gestuur het oor die 35-jarige olifant se toestand.
‘Hartklop’ maand ná Beiroet-ontploffing in puin gehoor
’n Klankopsporingstoestel het ʼn polsslag van 18 tot 19 slae per minuut tussen die puin opgetel.
Kinderhuis-inwoners spring in om oues tydens brand te red
“Al die kinders het uitgehardloop en besef dat die bejaardes, wat blinde en dowe inwoners insluit, moontlik reeds slaap en heeltemal onbewus van die brand sou wees.”
Video: Op, op, op in die lug met 52 ballonne
Hy het ʼn suurstofmasker gedra toe hy sowat 24 900 voet (byna 7 600 m) genader het – dieselfde hoogte as wat meeste kommersiële vliegtuie vlieg.
Nuuskommentaar: ANC het ons in ʼn ekonomiese krisis in regeer
Die regering het geensins die vermoë om ʼn moderne land met ʼn moderne ekonomie te bestuur nie. Sodoende het hy die ekonomie gesluit en oopgemaak soos wat dit hom pas.
Drie vas ná Zeerust-plaasaanval
“Die ondersoek is onverpoos aan die gang en inligting is sensitief in hierdie stadium.”
Tweede oorlewende sterf ná skip sink
Reddingswerkers het ook tientalle beeskarkasse op die water sien dryf in die omtrek van waar die man gered is.
Skoleafrigter se hart klop warm vir rugby, spelers
In die uitsonderlike tye waarin ons leef, kan dit moeilik wees om opgewonde te raak oor Suid-Afrikaanse sport. Maar gelukkig is daar nog skoleafrigters soos Cobus van Dyk, ’n man wie se passie en liefde vir rugby selfs in ’n doodgewone WhatsApp-boodskap duidelik te bespeur is.
Twee polisiebeamptes vas ná man in selle sterf
Die man is na bewering só erg aangerand dat hy later aan sy beserings beswyk het.
SA fiksheidsprogram help mense met gesonde leefstyl
Die televisieprogram bied daaglikse oefeninge vir kykers en stel ook ʼn plaaslike, opgeleide fiksheidsinstrukteur ten toon om kykers meer van ʼn gesonde en aktiewe leefstyl te leer.
Berlyn en die Gründerzeit
In die 20ste eeu is Berlyn veral gevorm deur die Nazi-diktatorskap en die Tweede Wêreldoorlog met sy vernietiging, en die Koue Oorlog met die fisieke verdeling van die stad deur middel van die muur.
Vaaldam op laagste vlak in jare
Gautengers is gewaarsku om water uiters spaarsaam te gebruik terwyl die vlak van talle damme aanhou daal.
Hoe lyk Hollywood: Harry en Meghan teken Netflix-kontrak; Robin Williams-dokkie delf in demensie
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.
Boek: ‘Covid-19 speel ʼn sleutelrol,’ sê digter Cas Vos
Cas Vos se digbundel ‘Beskut teen vrese’ word as een van die hoogtepunte in sy oeuvre beskou.
Man gevonnis ná hy peuter verkrag
Die regter het bevind dat die man se pleit van onskuld teenstrydig is met die bewyse en getuienis wat aan haar voorgelê is.
Jou vlerke hang, SAL!
Hoe het die SAL in hierdie gemors beland en wat is die opsies?
Pragontwerp nie alles nie
Ons het onlangs tyd met Mazda se pragtige CX-5 2.2DE Akera AWD outo deurgebring. Met die eerste oogopslag is dit duidelik dat die CX-5 bitter mooi is.
Oos-Kaapse dorpe se name dalk gou verander
Die naamsverandering van veral Oos-Londen, sy lughawe en twee ander dorpe is as ʼn moontlikheid ter sprake.