Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het ʼn aanvangsprojek van stapel gestuur vir voornemende toelaagbegunstigdes om hul aansoeke aanlyn af te handel.
Lees meerAlles vir Maandag 14 September 2020
Barloworld in hof gedaag oor ras-afleggings
Volgens die seleksiekriteria van Barloworld se afleggingsproses, speel ras ’n pertinente rol in die oorweging van werknemers vir aflegging en word dit selfs bo die aantal jare diens van ’n werknemer gestel.
11-jarige kampioen sterf tydens bierdrink-kompetisie
“Omdat skole tans weens Covid-19 gesluit is, het hy in ʼn drinker ontaard.”
Hoogs gesoekte voortvlugte in die hof
Hy het op 30 Augustus uit aanhouding by die Haenertsburg-polisiestasie buite Tzaneen ontsnap.
Kêrel in hof oor vrou se moord in hospitaal
ʼn 26-jarige man het Maandag in die hooggeregshof in Limpopo verskyn in verband met die moord op ʼn vrou wat besig was met ʼn internskap by ʼn plaaslike hospitaal.
ToekomsVenster: Hy sagmoedig, liefdevol en lankmoedig
Jesus is anders, radikaal ja, maar nie opruiend en dwingerig nie. Jesus is nederig, soos ʼn Lam wat ter slagting gelei word.
Boere en stigting span saam om voedseltekorte in Mpumalanga te pak
Ongeveer 5 000 mense is gehelp met kospakkies wat groot hoeveelhede gesonde, vars vrugte en groente soos aartappels, uie, tamaties, wortels, appels, lemoene, beet en patats insluit.
Staatsveiligheidsagentskap ‘neem kennis’ van sluipmoordbewerings
Hoewel Iran die bewerings ontken, het die Staatsveiligheidsagentskap nou onderneem om ondersoek in te stel.
SANParke, minister ‘skuld publiek verduideliking’ oor Krugerwildtuin
ʼn Tweede brand in die wildtuin het Maandag groot skade aan ʼn restaurant aangerig, besoekers kla dat akkommodasie nie beskikbaar is nie en ʼn vakbond maak boonop bewerings van korrupsie en nepotisme.
Norma Gigaba weer in hof oor ‘gekrapte’ motor
Die regspan van Malusi Gigaba se vrou het intussen ’n aansoek by die hooggeregshof ingedien om die saak teen haar ongeldig en ongrondwetlik te verklaar.
Derde verdagte in hof oor gesteelde treinspore
Die man word verbind aan ʼn voorval waar treinspore ter waarde van R1,4 miljoen gesteel is.
Die wêreld in foto’s – 14 September 2020
Te midde van die Covid-19-pandemie vier Engeland die 400ste herdenking van die Mayflower-vaart wat 102 pelgrims in 1620 na die sogenaamde nuwe wêreld aangepak het.
Revolusionêre opgradering van evolusionêre voorvader
Die nuwe Land Rover Defender is ʼn fantastiese revolusionêre opknapping van die oorspronklike model.
Sjef Adrian Vigus-Brown leef sy roeping uit
“Ek het altyd verkies om in die kombuis te wees terwyl ander kinders speel. Ek wou koskanale op televisie kyk eerder as die gewone programme wat kinders gekyk het.”
Moontlike belastingskok vir ‘vasgekeerde’ SA’ners
Suid-Afrikaanse ingesete belastingbetalers wat weens die internasionale Covid-19-reisbeperkings nie na hul buitelandse take kon terugkeer nie, kan ʼn slegte belastingverrassing kry.
Motoris ontsnap net-net voor trein motor tref
Die voertuig het oënskynlik onklaar geraak net toe die motoris die spoor wou oorsteek.
Iran ontken berigte oor beoogde sluipmoordaanval op Amerikaanse ambassadeur in SA
Die VF Plus sê die Suid-Afrikaanse regering kan die bewering nie net ignoreer nie.
Dubbele lewenslank vir Vandekeere
Vandekeere was vir bykans sewe jaar voortvlugtend voordat hy homself in Januarie vanjaar by die polisiestasie in Benoni oorgegee het.
Begrafnisfederasie steun nié landwye staking
Die organisasie sê gewone mense moenie weens konflik tussen die regering en die bedryf die spit afbyt nie.
2 dood, 9 gewond in skietery buite Pretoria
“Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die motief vir die wrede moord en die skietery bly onduidelik.”