ʼn Vrou, wat daarvan verdink word dat sy ʼn koevert met risien-gif aan die Withuis gestuur het, is op die New York-Kanada-grens aangekeer.
Lees meerAlles vir Maandag 21 September 2020
Huise word bedreig deur enorme Kalifornië-veldbrand
Teen 427 km² is die Bobcat-brand die grootste ooit in die Los Angeles County en dit woed al meer as twee weke lank. Dit is tans nog net 15% onder beheer.
Nog geen reaksie oor landbou-verligtingsfonds nie
“Dit verstewig die vermoede dat die minister probeer om korrupsie te verbloem. Wie het uiteindelik voordeel getrek uit die R1,3 miljard Covid-19-ondersteuningsfonds vir landbou?”
ANC-lede veg terug teen anti-korrupsiemaatreëls
‘n Nuwe refrein klink naamlik uit die geledere van die aangeklaagdes op, naamlik dat hulle eers sal terugstaan uit hul poste wanneer hulle ‘n opdrag per brief ontvang van die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, om so te doen.
SA tussenverkiesings hervat in November
Die OVK het Donderdag tydens ‘n vergadering besluit dat minstens 461 stemdistrikte se kiesers stembus toe sal gaan om hul nuwe verteenwoordigers vir stadsrade te verkies.
Vier vas oor diefstal by selfoontorings
Vier persone is in hegtenis geneem in verband met diefstal by selfoontorings in die Oos-Kaap.
Twee dood, sewe haweloos ná brande in Kaapstad
Twee persone is dood en sewe is haweloos gelaat ná brande reg oor Kaapstad.
ToekomsVenster: Dis hierdie hart Here
Ons harte moet steeds vernuwe word, daaglikse vernuwing, wat kom deur die Heilige Gees en ʼn verbondenheid aan die Woord van die Here.
Alzheimers en Covid-19: tuisversorgingsraad vir geliefdes
Wêreld-alzheimerdag vind jaarliks op 21 September plaas. Elise Nel, skrywer van ‘Ons raaiselpad met Alzheimersiekte’, bemoedig geliefdes met raad en wenke oor hoe om pasiënte te midde van ʼn pandemie te versorg.
Verdagte in hof vir Normandien-plaasmoord
Die minister van polisie, Bheki Cele, het die Normandien-gemeenskap terselfdertyd besoek vir ʼn vergadering oor die regering se landelike veiligheidstrategie.
Die wêreld in foto’s – 21 September 2020
Die Taj Mahal in Indië het weer heropen nadat dit langer as ses maande gesluit was weens die Covid-19-pandemie.
Covid-19-app: Ja of nee? Kenners gee raad
Kan ʼn mens die regering se Covid-19-app vertrou? Wat word van my persoonlike inligting en gee ek die regering te veel mag? Maroela Media het met kenners gesels oor dié kwelvrae.
Walvis swem ná weke uit rivier terug na oseaan
Die rivier waarin die walvis beland het, wemel boonop van krokodille.
Botswana maak oorsaak van olifantsterftes bekend
Meer as 350 olifantkarkasse is sedert begin Mei in die Okavango-delta in Botswana gevind.
Polokwane-moorde: ‘Algehele verslaentheid en teleurstelling’
“Ek het so ʼn rilling in my ruggraat gekry toe ek haar in die hof sien staan.”
Herrie ná man ʼn vrou met eetstoornis ʼn ‘seekoei’ en ‘vet’ noem
Donovan Tooth, ook bekend op sosiale media as Toothsta, het aan sy duisende volgelinge in ʼn video op Instagram vertel dat mense wat dink groter vroue is mooi gerus hul geestesgesondheid en oë moet laat toets.
Ongeluk eis drie jonges in Alberton
Al vyf insittendes is uit die voertuig geslinger.
Video: Spinnekop vreet ʼn voël
Dit klink soos die storielyn van iemand se nagmerrie of ʼn Hollywood-fliek, maar dié video, waar ʼn spinnekop besig is om ʼn voël te vreet, word wyd op sosiale media versprei.
Polisie ondersoek skietdood van vier mans
“Die drie insittendes van die voertuig het op die mans losgebrand voor hulle op die vlug geslaan het.”
Ietermago in minibustaxi gevind
Die ietermago is tydens ʼn roetinedeursoeking in die besit van twee onwettige immigrante gevind.