Kykers loof die man vir sy heldhaftigheid.
Alles vir Woensdag 23 September 2020
#JongStemme: Vat jou goed en trek, Ferreira!
Soos dit mode geword het onder jong Afrikaners, is ek binnekort ook op pad landuit. Ek kom egter binnekort weer terug en dit is hoekom, skryf Arno Roodt, ‘n student in regte aan die UVS.
Agri SA wil met Ramaphosa vergader ná Cele se getier
Die organisasie sê dit is enige burger se reg om vrae aan die regering te stel en dat Cele se uitbarsting neerhalend en onvanpas was.
‘Dit is spesiaal om ’n Cheetahs-trui oor jou kop te trek’
“Dit sal onregverdig wees om die Vrystaat uit te skop juis omdat hulle ook aan die kortste ent in die Superrugby-reeks getrek het. ”
Ek sê, watse Afrikaans wil djý praat?
Op die punt van die taal behoort ons mekaar te kan vind, al moet ons in die proses dan maar mekaar se anderse benadering aanvaar en verdra, skryf Leopold Scholtz.
Nóg ’n SANParke-winkel brand
Dit is die derde brand wat vandeesmaand by ʼn kamp van SANParke uitbreek.
Wenke vir ’n lekker Braaidag
Braaidag is ʼn dag wat Suid-Afrika en sy mense vier, ʼn dag van samesyn en eenheid waarop duisende mense oor die hele land bymekaar gaan kom rondom ʼn braaivleisvuur.
Só lyk weer vir Erfenisdag en langnaweek
Suid-Afrikaners in die sentrale en noordelike dele van die land kan Donderdag ’n warm en sonnige Erfenisdag verwag.
Twee mans koelbloedig by kruising doodgeskiet
Paramedici het by hul aankoms die slagoffers se motor oortrek met koeëlgate in die pad aangetref.
Polisie weer bo-aan korrupsielys – verslag
Die organisasie sê kleptokrate se sakke word volgestop terwyl die gesondheidsorgstelsel onder enorme druk is, skole leë doppe word en polisiebeskerming net diegene beskore is wat bereid is om daarvoor te betaal.
Deelnemers gesoek vir navorsingsprojek oor filosofiese begrippe
Geografie van filosofie is ʼn interdissiplinêre projek wat mense se diverse beskouings van kennis, insig en wysheid bestudeer. Dié navorsingsgroep is ook op soek na Afrikaanse deelnemers.
Russiese opposisieleier uit hospitaal ontslaan
Dit is egter steeds nie duidelik of Alexei Navalny ten volle sal herstel nie.
Boek van die maand: ‘Swart swaan’ deur Wilken Calitz
Wilken Calitz se “Swart swaan” het uitsonderlike trefkrag, juis dalk omdat die roman so buite die algemene verwagting lê.
Podlitiek: Braaivleis, Bheki en die Boere
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor onlangse uitlatings deur polisieminister Bheki Cele, die betekenis van Erfenisdag en laastens die afsterwe van die Amerikaanse regter Ruth Bader Ginsburg en wat dit beteken so kort voor die Amerikaanse verkiesing.
Toenemende bewerings van mensehandel, ontvoerings is fopnuus
Nóg ʼn video word nou wyd op sosiale media versprei waarin daar beweer word dat ’n vrou in Midrand ontvoer is. Daar is ook ʼn stemboodskap waarin ʼn Afrikaanse vrou beweer dat kinders regoor die land ontvoer word.
Vandag se sportnuus
Afskoptye vir Saterdag se derby-wedstryde is bevestig.
Meer as 380 gestrande loodswalvisse reeds dood
Selfs nog meer loodswalvisse het nou aan die Australiese kus gestrand.
Potch-rugbylegende dood in huis gevind
“’n Moorddossier is in hierdie stadium oopgemaak, maar dit kan dalk nog verander.”
Om Ma te wees in uitdagende tye
Dit is belangrik dat ma’s weer onthou dat hulle spesiaal is. Dat hul optredes van vandag en elke dag in hul kinders se lewe afgeëts word.
Chris Chameleon: In die kring van vriende
“Hoe ouer ʼn mens raak hoe moeiliker word dit om sterk vriendskappe te smee. Die aanvanklike ontmaskering wat met onskuldige gemak onder kinders die fondasies lê vir ʼn lewenslange vriendskappe, word met die jare moeiliker.”