“Ons maak ons harte teenoor almal oop, ook aan ons handelaars, om hulle te verseker van ons deursigtigheid en die sterk etiese waardes waarvoor ons bekend is.”
Lees meerAlles vir Sondag 4 Oktober 2020
Potch-beesboer se moord: ‘Ons kan nou afsluiting kry’
“Ek voel heeltyd dat hy gaan terugkom of dat ek hom in sy werkkamer op die plaas gaan kry. Dis maar nog bitter seer.”
Durbanse polisielede aangekeer vir diefstal tydens ‘kamma-deursoeking’
Die polisielede het die slagoffer ook glo verhoed om hulle te volg na waarheen hulle ook al met die geld op pad was.
Sun City se gewilde ‘Valley of Waves’ nou weer oop vir besoekers
Ingevolge regulasies oor sosiale afstandhandhawing word dié fasiliteit teen 50% van gewone kapasiteit bedryf.
As die aarde bewe
Die afgelope week se aardskuddings in Suid-Afrika het opnuut weer die aandag op aardbewings gevestig en herinneringe opgeroep van die aardbewing wat die Boland op 29 September 1969 getref het.
DA na IMF oor reddingsboei vir SAL
Die DA vra die IMF nou om sy finansieringsvereiste vir “volle deursigtigheid en aanspreeklikheid” in werking te stel.
Nadal marsjeer vrolik voort
Die Spanjaard speel in sy 14de Franse Ope-kwarteindstryd teen ’n 19-jarige Italiaanse tennissensasie.
Salga geskok deur ‘sinlose moord’ op munisipale bestuurder
Salga sê die moord op Khanyile benadruk die wydverspreide gebrek aan straf vir die moord op en intimidasie van munisipale bestuurders en raadslede.
Volhoubare houthuismark moontlik in SA
Verskeie studies het getoon dat hout die beter boumateriaal is in vergelyking met alternatiewe boumateriale soos staal en beton.
Visumvrye status vir sommige reisigers na SA heringestel
Die heringestelde status verander niks aan die Covid-19-regulasies wat steeds geld nie.
Wyksraadslid vas vir beweerde kinderverkragting
Die man het die kind ʼn saamrygeleentheid gegee en na bewering toe verkrag.
SA’ners vertoon goed in IPL
AB de Villiers het Indiese krieketondersteuners weer gaande. Hy het onlangs vir Jasprit Bumrah, een van die wêreld se voorste T20-boulers, verrinneweer om 55 vinnige lopies aan te teken.
‘Ek het my pa ná 24 jaar opgespoor’
“Ek was baie gelukkig. Ek het een groot jolige Portugese familie bygekry. Ek voel skatryk.”
Horner-moord ‘gevolg van jare lange versuim om op te tree’
Twee mans, vermoedelik veediewe, is reeds vir sy dood in hegtenis geneem.
AfriForum nou by VN as NRO geregistreer
Die burgerregtegroep sê hy is nou amptelik as nieregeringsorganisasie met spesiale raadgewende magte geregistreer.
Oud-LP, nóg twee vas vir beweerde diefstal in Molemole
ʼn Tender van R4,8 miljoen is glo aan die vrou van een van die verdagtes toegeken, maar geen werk is ooit gedoen nie.
Trump, Biden beklemtoon politieke toestand van VSA
Die politieke krisis in die VSA is reeds jare lank aan’t opbou met groter demografiese, geografiese en ideologiese verskille wat soms onoorbrugbaar lyk.
ANC moet Sodi-geld terugbetaal – DA
Die DA sê die bevestiging dat die ANC geld by die omstrede sakeman ontvang het bevestig dat die regerende party ʼn begunstigde van sogenaamde staatskaping was.
Pak jou tas, Kolkata gaan jou verras
Kolkata maak ’n blywende indruk op jou. Ek lees toevallig dié aanhaling van Vir Sanghvi raak: “… as jy ’n stad met siel soek, kom na Kolkata.”
Gerda Steyn is sewende in Londen
Steyn het die Suid-Afrikaanse rekord met ’n paar sekondes misgeloop.