Die stemming onder ons mense het verander, ons gemoed is nie meer dié van lydelike aanvaarding nie. Ons sê: Nee! Maar is dit genoeg? Word ons toekoms op ‘n groot NEE gebou? Dit sal tog duidelik nie deug nie. Die vraag is waarvoor ons in dieselfde asem JA sê.
Alles vir Woensdag 7 Oktober 2020
Boek: ‘Droomvanger’ – Chanette Paul
‘Droomvanger’ is die heruitgawe van ‘Wip van ʼn droomvanger’ wat deur Chanette Paul geskryf is en in 1990 verskyn het.
Twee vas wat glo plofstof vir misdade verskaf
Die plofstof word oor die algemeen gebruik vir die opblaas van kitsbanke, transitorooftogte en onwettige mynbou.
Resep: Dik groentesop
Hierdie sop is propvol vesel.
Residentia toon opbrengs met SafetyWallet se veiligheid- en gesondheidsprogram
Residentia is een van talle SafetyWallet-lede wat ’n toonbeeld is van ’n suksesverhaal en bewys dat nagekome gesondheid- en veiligheidsdoelwitte deur SafetyWallet verskeie voordele, asook groot besparings, inhou. Lees meer:
Vandag se sportnuus
Schwartzman sê hy kan vir Nadal ore aansit ná sy epiese kwarteindstryd-kragmeting teen Thiem.
Valke ontken lasbrief vir Ace
IOL hou vol dat Magashule self aan die mediahuis bevestig het dat hy bewus is daarvan dat sy naam op ʼn lys verskyn van mense wat vandeesmaand in hegtenis geneem gaan word.
Senekal: Cele eis dat ‘wettelose betogers’ vasgetrek word
Bheki Cele, minister van polisie, het gesê hy het met skok en afkeer kennis geneem van Dinsdag se gebeure buite die Senekal-landdroshof waar die vermeende moordenaars van Brendin Horner verskyn het.
Eddie Van Halen sterf
Die kitaarlegende Eddie Van Halen is in die ouderdom van 65 oorlede.
Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.
Gedagte vir die dag: God se planne
Daardie nag het die Here by Paulus gestaan en vir hom gesê: “Hou moed! Hier in Jerusalem het jy vir My getuig. So moet jy dit in Rome ook nog doen”. (Handelinge 22:11)