Dit is gewoonlik betreklik maklik om lidwoorde in ʼn sin te herken, omdat daar maar ʼn paar van hulle is, maar daar is tog ʼn paar interessanthede om na op te let wanneer ʼn mens oor lidwoorde gesels.
Alles vir Woensdag 21 Oktober 2020
Boek van die maand: ‘Weerlose meganika’ deur Anton Roodt
Anton Roodt se verrassende debuut is minder wetenskapfiksie as wat ʼn mens op die oog af sou vermoed. Of dalk net soveel as wat Dante se digbevolkte engelesfeer was – met engele met net so min vleis en bloed as robotte.
Emosie en rasionaliteit – ’n balanstoertjie soos min
Elke mens herberg twee – teenstrydige – elemente in sy of haar boesem: emosie en rasionaliteit. Dit is teen dié agtergrond dat ’n mens die laaste tyd se gebeure in Senekal moet beskou.
Gru-ongeluk eis 13
Dié ongeluk volg net meer as ’n week nadat 12 mense in ʼn gru-ongeluk in dieselfde provinsie omgekom het.
Vyf van polisie vas wat glo tydens afsondering ontvoer, steel
Een van die polisielede bly in aanhouding omdat hy ʼn hangende saak vir ʼn soortgelyke aanklag teen hom het.
Quintin bring geïsoleerde Covid-19-pasiënte in aanraking met families
Quintin, die robot wat dokters by die Tygerberg-hospitaal se intensiewesorgeenheid (ISE) bystaan, help nou ook om bekommerde gesinslede in aanraking te bring met ISE-pasiёnte wat geïsoleer moet word – en stel hulle in sommige gevalle in staat om vir oulaas afskeid te neem.
Sing, renjaer, sing
Dit is nie die eerste keer dat ’n sportster sy kolf of atletiekdrag vir die mikrofoon verruil nie. Maar waar hul treffers normaalweg drome bewaarheid, sing Hamilton in sommige van sy liedjies oor alkohol en ander fuifsessies.
Sewejarige skok dood
Stad Johannesburg waarsku inwoners oor onwettige kragverbindings wat ’n gevaar vir mense, en veral kinders, inhou.
Video: Kyk hoe robothond ʼn riksja sleep
Die toekoms van riksjas!
Boek: ’Moet ons waai?’ – Om te emigreer of nie
In ‘Moet ons waai?’, saamgestel deur Alet Law, takel 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Jan-Jan Joubert, Dana Snyman en Jonathan Jansen, die emigrasiedebat.
Skoolhoof, skoolbusbestuurder ondersoek oor ernstige bewerings
Daar kan in ’n video gesien word hoe die bestuurder van ’n skoolbus alkohol drink terwyl ’n leerling in skoolklere die bus bestuur.
Gauteng betaal ‘miljoene vir leë beddens’
“Ons betaal duisende vir leë beddens by Nasrec tot Januarie, hoewel minder as 10% van daardie beddens tydens die kruin van die epidemie in Gauteng gebruik is.”
Vyf transitorowers in hul spore gestuit
Die rowers is slegs ʼn paar kilometer van die rooftoneel gewaar en vasgetrek.
Luister in 3 minute: ’n Herstelplan, elektrisiteit en nog ’n mini-begroting
Gerhard van Onselen, ʼn ontleder by Sakeliga, is terug met nog ʼn aflewering van “3 Minute, 3 Sake” en hy bekyk eerste die presidensiële herstelplan. Daarna bespreek hy ook die besluit dat munisipaliteite nou hulle eie krag mag opwek en die aanloop tot nuwe “mini-begroting”.
Sakpaswegbreke vir paartjies naby Gauteng
Soos die jaar einde se kant toe staan, dink ons dis tyd dat jy en jou geliefde vir ’n wyle van die stad ontsnap en ’n romantiese wegbreek naby Gauteng geniet!
Wêreldgehalte onderrig, wêreldwyd in Afrikaans
Vanaf 2021 sal Afrikaanssprekendes in die buiteland die geleentheid hê om ook ʼn kwalifikasie deur dié private hoëronderwysinstelling te voltooi. Dit is net nóg ʼn manier hoe Akademia Afrikaans op tersiêre vlak bevorder.
Resep: Korslose yskas-melktert
Hierdie eenvoudige melktertresep is ingestuur deur een van ons getroue Maroela Media-lesers
Vier dood ná twee vragmotors bots
Die vragmotors het na die botsing aan die brand geslaan.
Windies-kaptein ongelukkig oor BLM-gebaar stoom verloor
“Om eerlik te wees, ons het nog nie een keer hier daaroor [BLM] gepraat nie. Soms lyk dit asof dit ongesiens verby gegaan het; wat ’n hartseer stand van sake is.”
Innibos 2020 vir eers van die baan
“Innibos was slaggereed om ondanks talle uitdagings die kunstefees te hou. Die risiko blyk eindelik net té groot te wees, en die onsekerheid kan nie onbepaald voortduur nie. Ons is ’n klinkklare besluit verskuldig aan al ons lojale feesvennote.”