Dié soort whiskey is veral meer gewild by vroue en “millenials”.
Alles vir Donderdag 22 Oktober 2020
Farr-Jones waarsku Aussies teen kniebuigery
“Van die ondersteuners gaan pleinweg net hul TV’s afsit. Hulle wil nie politiek in nasionale sport sien nie.”
AfriForum versoek dringende vergadering met Ramaphosa
“Die president moet begryp dat die tragiese dood van Brendin Horner – en die duisende ander wat al in plaasaanvalle vermoor is – die simptoom is van ’n dieper probleem.”
Vier voormalige staatsamptenare vas vir miljarde rande se tenderbedrog
“Die kontrak is toe aan ʼn private maatskappy toegeken teen ʼn koste van ongeveer R1,2 miljard.”
Nuwe regulasies oor sport, kultuur by skole uitgevaardig
Skole kan weer teen mekaar meeding te midde van die Covid-19-pandemie en leerders wat aan kontaksport deelneem mag weer oefen.
Direkteur in hof oor ‘miljoene rande se bedrogspul’
Sy het glo bedrieglike dokumente by verskeie munisipaliteite ingedien waarin sy beweer dat sy deur-tot-deur-bewusmakingsveldtogte in verband met die Covid-19-pandemie gedoen het.
92 sake van hofrol verwyder weens swak polisiewerk
“Hierdie sake is ernstig en dit is onaanvaarbaar dat dossiere nie in howe beskikbaar is nie.”
Rewolusie van die ‘rykes’
Met “rykes” word hier nie die handvol miljardêrs bedoel nie, maar gewone middelklasmense met ’n kwalifikasie, ’n huisverband en ’n mediese fonds.
KSA kies uiteindelik sy keurderbaas
“Ek is opgewonde oor die volgende kriekethoofstuk wat op my wag. Daar is ’n paar kwelpunte wat dringend aandag benodig en ons moet dit so gou as moontlik aanpak.”
Prasa meer as R360 miljoen kwyt weens diefstal, vandalisme
Die vervoervakbond Untu het intussen gevra dat diegene wat noodsaaklike staatsinfrastruktuur teiken, behoorlik aangekla en swaar gestraf word.
Eggenoot vas ná dubbelmoord op vroue in Polokwane
Die man is in die hospitaal in hegtenis geneem nadat hy glo probeer selfmoord pleeg het.
Boek: Die eindelose avontuur – ’n Venster op die wêreldletterkunde
Audrey Blignaut se versameling essays in ‘Die eindelose avontuur’, wat in 1993 deur Tafelberg Uitgewers uitgegee is, is ’n gids vir persone wat graag wyd én onderskeidend wil lees. In dié bundel stel Blignaut lesers voor aan boeke van uitsonderlike gehalte uit verskeie lande en tye.
Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Wesens’
Floris Groenewald het na die wetenskapsfiksie-rolprent “Wesens” gaan kyk.
‘Transitorower’ weer vas ná tweede ontsnapping
Dit was nie Lundi Mzimkhulu se eerste ontsnapping uit aanhouding nie.
Goedkoopste B-segment sportnuts met ʼn outo-ratkas
Op die pad is waar die EcoSport se sterkste, en swakste punt uitkom.
Honderde jare tronkstraf vir transitorowers
Twee mans is Woensdag in die hooggeregshof in Polokwane altesaam 258 jaar tronkstraf opgelê vir hul betrokkenheid by ʼn reeks transitorooftogte.
Vryspraak: Ons misdaad teen die mensdom en die kwessie van oorlewing
Waarom was dit byvoorbeeld belangrik genoeg om dié misdaad, wat immers toe al afgesweer en verby was, in 1998 tot die Statuut van Rome, ingevolge waarvan die Internasionale Geregshof tot stand gebring is, te vervat?
Vandag se sportnuus
Proteas gaan vir Engeland in drie eendagwedstryde en drie T20-kragmetings op tuisbodem aanvat.
Tesourie moet ingryp by Land Bank se volhoubaarheid
Die bank se finansiers het aangedui hulle sal herfinansiering nét onderhewig aan staatswaarborge oorweeg.
Annelien se kombuis: Koperpennie-wortelslaai
Geurige en heerlike wortelslaai ingemaak om net vinnig van die rak te neem en te geniet.