Die Gautengse departement van paaie en vervoer, in samewerking met die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) en munisipaliteite, het ʼn strategie ontwikkel om die agterstand op te los vir rybewyse en permitte weens die Covid-19-afsonderingsperiode.
Lees meerAlles vir Maandag 26 Oktober 2020
Solidariteit veg voort teen rasafleggings by Barloworld
“Die feit dat hulle nou nóg werkers op grond van velkleur afgelê het, vererger die alreeds kwaadwillige ondertone van die konsultasieproses.”
Man gee hom oor ná bedrog, diefstal by munisipaliteit
Die derde verdagte wat beskuldig word van bedrog en diefstal in die JB Marks-munisipaliteit in Noordwes het homself aan die Valke oorgegee.
Zim-vlug: Onduidelik of ANC betaal het
“Totdat ʼn bewys van betaling ontvang is, kan daar slegs aangeneem word dat die betaling nooit gemaak is nie.”
Oos-Kaapse verkeersbeamptes vas oor korrupsie
Vyf verkeersbeamptes van verskeie munisipaliteite in die Oos-Kaap en vier eienaars van ryskole is in hegtenis geneem in verband met korrupsie.
ToekomsVenster: Ons gedugte God
Mag dit ons aanspoor om koersvas op Hom te vertrou. Na alles, Hy sorg vir ons.
Verdagte vas ses jaar ná boer se moord
Die Valke het die verdagte reeds in 2017 in hegtenis geneem, maar die saak is laat vaar voor daar weer ’n lasbrief vir die man se inhegtenisneming uitgereik is.
Brande: Hulp aan boere oor langer tydperk nodig
“Die groot krisis kom in die komende weke. Ons is nie uit die moeilikheid nie.”
Elma Smit: ‘Daar ís ʼn plek vir jou pittige pampoenprofiel’
“Moenie jou geestesgesondheid ter wille van werk inboet nie,” sê Elma Smit, bekende sportaanbieder, radio-omroeper en skrywer van ‘Word ʼn influencer’.
Vyf in hof ná Polokwane-dubbelmoord
Makoena Mabusela-Leshabane se man, Thabo Stanley Leshabane, is een van die beskuldigdes.
Audi se vlagskip beïndruk
Hier gaan dit doodeenvoudig oor smaak en voorkeur gaan.
Twee doodgeskiet tydens rooftog by sentrum
’n 58-jarige vrou is ook tydens die rooftog geskiet en gewond.
Organisasie platgeslaan ná weerlig vier perde doodslaan
Die perde was ʼn bekende gesig onder stappers in die bewaringsgebied.
Só lyk Elsa op flop van ʼn Frozen-koek
Die koek moes eintlik soos Elsa van die kinderfliek Frozen gelyk het.
Deurbraak in ondersoek na Senzo Meyiwa-moord
Een van die persone wat in hegtenis geneem is, het glo die sneller getrek van die wapen wat gebruik is om Meyiwa te vermoor.
Musiekster om dop te hou: Stefan Jansen
“Die boodskap van die liedjie is nie net ‘ek is lief vir jou’ nie, maar eerder ‘dankie dat jy lief is vir my’.”
Moet die Afrikaner praat of veg?
Afrikaners is voor ’n nuwe geskiedkundige kruispad.
Huiskokke op pad na Frankryk na hulle topsjefs beïndruk
“Die gevoel van samesyn is waaroor dit als gaan. Die genot om mense se reaksies en tevredenheid aan die tafel te aanskou maak die was van die skottelgoed die moeite werd.”
Weg van staatsmag met MTBR, vra DA
Die minister van finansies, Tito Mboweni, en die nasionale tesourie moet met Woensdag se mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) wegbeweeg van die huidige staatsgebaseerde ekonomiese fokus, anders gaan die land sy ekonomiese soewereiniteit verloor.
Nasionale Testamente-week: Hoekom jy kennis moet neem
“Meer as 75% van Suid-Afrikaners sterf sonder om ‘n geldige testament in plek te hê.”