“Die metodes stem sonder twyfel ooreen met dié wat gebruik is teen die dapper onderwyser Samuel Paty.”
Alles vir Donderdag 29 Oktober 2020
Voertuie brand tydens betoging in Oos-Kaap
Die skade kan na beraming sowat R1,3 miljoen beloop.
Kwota-fiasko: Netbalspan uit eindstryd oor te min wittes op baan
Kort nadat hulle skoonskip in die halfeindstryd van die Telkom-netballiga gemaak het, hoor hulle die onstellende nuus: Die span het nie aan die transformasie-regulasies voldoen nie en word van hul punte gestroop.
Gordhan verwelkom reddingsboei vir SAL
Gordhan het sy “skok en teleurstelling” te kenne gegee oor die DA en ander partye en ontleders se “gebrek aan insig, finansiële geletterdheid en begrip van bestuursprosesse”.
Boek: Chris Barnard-prys lewer kortverhaalbundel op
Skrywers wat vanjaar op die kortlys van die Chris Barnard-kortverhaalprys was se verhale is in ʼn bundel opgeneem en deur Minimal Press uitgegee.
#JongStemme: Leuens, verdomde leuens en statistieke
In die moderne wêreld waar daar meer data as ooit vantevore is, was dit nog nooit so maklik gewees om ’n situasie te laat lyk soos wat jy wil hê dit moet nie, skryf Frederik Andersen, ’n derdejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria.
Susters takel veiligheidswag met mes oor gesigsmaskers
Twee susters is in ’n skoenwinkel in Chicago gevra om gesigsmaskers te dra en handreiniger te gebruik waarna die een ’n mes uitgepluk het.
Regering ‘verklaar oorlog’ teen staatsamptenare – vakbond
Volgens Tito Mboweni moet staatsdienswerkers – nes hul eweknieë in die private sektor reeds gedoen het – ook begin salarisaanpassings maak.
Verbruikersake: Hier kom Swart Vrydag – vir ’n hele maand lank
Swart Vrydag gaan vanjaar heeltemal anders lyk as vorige jare, toe verbruikers mekaar sommer met die vuis bygedam het oor toiletpapier wat teen goeie pryse verkoop is. Maar maak nie saak hoe jy jou inkopies gaan doen nie, lees eers wat Ina Opperman sê oor hoe jy moet voorberei op jou inkopietog.
Solidariteit, Sakeliga kritiseer begroting
“As ons toe bekommerd was, moet ons nou vier maal so bekommerd wees.”
Begroting: Landbou het meer van Tito verwag
Agri SA en TLU SA sê die minister van finansies moes meer gedoen het om die landboubedryf, een van die land se grootste werkgewers, te bemagtig.
Man ernstig beseer in botsing met koedoe
Die koedoe is deur die bakkie se voorruit en die man het ernstige beserings opgedoen.
Groblersdal-moord: 23-jarige vrou in hof
Die vrou is vroeër die week in Kempton Park in Gauteng in hegtenis geneem.
Polisieman, nog ses vas ná kitsbanke oopgeblaas is
Nog sewe persone, een van hulle ʼn polisiebeampte, is in hegtenis geneem in verband met die voorval waarin twee kitsbanke Woensdag in die vroeë oggendure buite Tzaneen in Limpopo oopgeblaas is.
Annelien se kombuis: Hoendermayo-tertjies
Dít is so ’n effense kroek-kors tussen blaardeeg en broskors. Die geheim is die koue bewerking van die deeg en die verhouding van smeer tot koekmeel.
Luister: Kort radiodramas – Die kamer van verlate verhale
Die kamer van verlate verhale bestaan uit 12 kort radiodramas, elkeen met verskillende karakters en ‘n ander storielyn.
Vandag se sportnuus
Suid-Afrika se Anderson is weer op die wenpad.
Plaas kuberwelstand nou op die agenda
Terwyl daar nog talle werknemers is wat van die huis af werk, het maatskappye en hul personeel nou die geleentheid, asook die verantwoordelikheid, om ʼn aktiewe rol te speel in die ontwikkeling van verantwoordelike digitale burgers.
Vryspraak: Ons lewende erfenis en die FAK se rol vandag
Dit is die moeite werd om ons erfenis te bewaar – nie deur dit te museumifiseer nie, maar deur dit te léwe. Daarom dat ons instellings soos die FAK nodig het, want alleen kan elkeen eenvoudig nie vermag wat ons saam kan regkry nie. Daarom dat die Vryheidstigting Donderdagaand met dr. Danie Langner gesels oor ons lewende erfenis en die FAK se rol vandag.
Mediumtermynbegroting: ‘Zombie-SAL’ steeds saamgesleep
Die ANC verwelkom minister Tito Mboweni se mediumtermynbegroting, maar die opposisiepartye is nié oortuig nie.