‘n Taalbeleidsraamwerk vir openbare instellings vir hoër onderwys is op 30 Oktober 2020 in die Staatskoerant gepubliseer.
Lees meerAlles vir Maandag 2 November 2020
SEB ongeldig verklaar vir tenders
Dit is ongeldig en ongrondwetlik vir staatsorganisasies om vooraf-diskwalifikasiekriteria, soos swart ekonomiese bemagtigingsvereistes (SEB), by tenders in openbare verkryging toe te pas.
Plaasmoorde: DA trek ‘n duidelike streep in die sand
Afgevaardigdes van die DA se Federale Kongres het Sondag eenparig ‘n beleidsbesluit ondersteun dat plaasaanvalle en -moorde tot ‘n haatmisdaad en ‘n prioriteitsmisdaad verklaar moet word.
Steenhuisen sluit geen party uit samewerkende regering nie
“Ons het egter sedert 2016 baie geleer oor suksesvolle koalisieregerings, en ons sal nie onsself blootstel aan die tipe ontwrigtende gedrag wat ons in byvoorbeeld die Tshwane-metroraad moes verduur nie.”
ANC-LP reik hand na AfriForum oor onteiening
Dr. Mathole Motshekga, voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee om art. 25 van die Grondwet te verander ten einde onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, het ‘n hand van kontak uitgesteek na die burgerregtegroep AfriForum.
Polisiekonstabel en makker in hof oor moord, uitbuiting
ʼn 26-jarige polisiekonstabel van Stellenbosch-polisiestasie het Maandagoggend met ʼn 35-jarige medebeskuldigde in die hof verskyn op aanklag van moord en uitbuiting.
Twee vas oor R6,8 miljoen se drank
Twee verdagtes, onderskeidelik 37 en 44 jaar oud, is in Gauteng in hegtenis geneem in verband met bedrog en diefstal van alkohol ter waarde van R6,8 miljoen.
Aanranding van raadslid skok Stellenbosch
‘n Stadsraadsvergadering in Stellenbosch het Maandag chaoties geëindig toe ‘n vroulike stadsraadslid wat onlangs haar eggenoot aan die dood afgestaan het, aangerand is – klaarblyklik deur ‘n omstrede plaaslike joernalis.
ToekomsVenster: Desperaat vir aanraking
Dalk is ʼn stukkie empatie met mense wat swaarkry gepas.
Vyf vra dan borgtog ná Polokwane-dubbelmoord
Die twee sakevroue is op 10 Oktober doodgeskiet terwyl hulle in ʼn motor gesit en wag het. Een van die vroue se man is een van die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is.
Gauteng wil duisende in provinsie se bloed vir Covid-19 toets
Gesondheidswerkers sal mense by hul huise besoek, ʼn naaldprik sal gedoen word en die monster sal daarna in ʼn laboratorium ontleed word.
Weduwee aangekeer ná ‘aanval’ op Nigel-plaas
Die voorval is aanvanklik as ʼn plaasmoord bestempel en mense was woedend, maar ná die voorval was daar al hoe meer vrae oor die werklike motief vir die moord.
Video: ‘God is stééds God,’ sê Benescke Janse van Rensburg
“Soms gebeur dinge wat ons laat vra: ‘Waar is God? Is Hy steeds goed? Kan ek Hom stééds vertrou?’”
Só daal brandstofpryse
Motoriste sal van Woensdag af minder vir brandstof betaal terwyl paraffien en gas duurder word.
Ballito-klagtes teruggetrek ná eenheid ingryp
’n Pa en seun is onder andere die betrokke dag hardhandig deur vredesbeamptes van die KwaDukuza-munisipaliteit hanteer waarna die pa in hegtenis geneem is.
Kerstyd in Colombia – nie altyd ’n vreugdevolle ervaring
“Bendes is uiters vyandig tenoor Christene en sal enigiets doen om hul aktiwiteite te verhoed omdat dit mense van hul verslawing bevry en jongmense keer om by misdaad ingetrek te word.”
Video: SA krieketheld, gewilde rockmusikant en jeugkoor sing saam
“Vir my is dit ʼn liedjie oor uithouvermoë, spanwerk en karakter. Dit laat my dink aan al die uitdagings wat ons in Suid-Afrika in die gesig staar.”
Driejarige ná aardbewing uit puin gered; dodetal styg
ʼn Driejarige dogtertjie is Maandag in Izmir in Turkye uit die puin van ʼn ineengestorte gebou gered, amper drie dae ná die aardbewing in die Egeïese See.
‘Here, help ons’, bid vrou tydens aanval
“Ek het eers ʼn besem op hom stukkend geslaan en toe ʼn tuinstoel gegryp, enigiets wat ek in die hande kon kry.”
Luister: Nuwe sangduo ‘het storie om te vertel’
“Ons wil hoop skep en mense se harte aanraak.”