Die aanvallers het ʼn musiekspeler van die slagoffer geëis, wat gelei het tot ʼn onderonsie.
Alles vir Woensdag 4 November 2020
Luister in 3 minute: Sakeliga wen in hof oor SEB
Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, is terug in vandeesweek se aflewering van “3 Minute, 3 Sake” waar hy drie van die grootste sakekwessies bespreek. Eerstens kom Sakeliga se hofoorwinning teen die toepassing van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) met vooraf-diskwalifikasievereistes vir bespreking aan die beurt.
Nederland verskerp ook afsonderingsmaatreëls
Nederland volg die voorbeeld van Engeland, Frankryk, Duitsland en verskeie ander kleiner Europese lande wat byeenkomste én mense se bewegings die afgelope paar weke weer streng beperk het.
Stander deel van Ierse toekenningsbende
Sesnasies-toekenning wink ook vir voormalige Blou Bul.
Bushiris hoor eindelik oor borgtog
Die Bushiri-egpaar en hul medebeskuldigdes word van betrokkenheid by bedrog en geldwassery ten bedrae van R102 miljoen beskuldig.
Luister: Wiele2Wiele ry met Porsche se blitsige 911 Turbo S
Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan jy styf moet vasklou vir Porsche se blitsige 911 Turbo S.
Studiefonds gedenk seuntjie se lewe
Die Christo Engelbrecht-studiefonds is beskikbaar vir ’n passievolle jong mens wat met deernis tot alle uithoeke sal gaan om vir die lewe van ’n kind te veg. Dié kandidaat moet opgelei word as pediater, pediatriese ISE-spesialis of pediatriese neuroloog.
Woef durf 100 km aan om by haar ouerhuis terug te kom
ʼn Lojale hond het 100 km afgelê om met haar eienaars herenig te word ná sy uit tydelike sorg ontsnap het.
Video: Kinderboek oor Kaapse luiperd bekendgestel
Skrywer Liza M Roux en illustreerder Judy Maré het in die afsonderingstydperk saamgespan om ʼn boek met die titel “Voetspore in die fynbos” te skep, wat kinders op ʼn ander wyse aan die seldsame luiperd bekendstel.
Onverdraagsaamheid, die vlymskerp wapen
’n Derde land waar onverdraagsaamheid in sekere kringe botvier, is Suid-Afrika. Aan die uiterstes van die politieke spektrum bekyk die mense mekaar met ongelooflike wantroue, haat en minagting, skryf Leopold Scholtz.
Haatspraaksaak teen Mngxitama, BLF duur voort
Die leier van BLF het onder meer gesê hy gaan vyf wit mense doodmaak vir elke swart mens wat doodgemaak word.
Engeland in Suid-Afrika: ’n Snelboulerfees wag
Mark Wood: “Daar wag ’n opwindende tweestryd: Ek en Jofra teen Kagiso en Anrich.”
Loop die eksamenspook? LitNet het vraestelle en memorandums om te help
Daar is geen beter manier om te oefen vir ’n eksamen as om eksamen te skryf nie. Daarom plaas LitNet gereeld nuwe vraestelle, memorandums en oefeninge op sy skoleportaal
Vrou in hof wat haar glo as spesialis voordoen
Sonnet-Mari Brand het glo sonder enige kwalifikasies as ’n pulmonoloog gepraktiseer.
Trump wil hoogste hof toe oor stemtellery
Pres. Donald Trump wil hom op die VSA se hoogste hof beroep om die stemtellery van Dinsdag se presidentsverkiesing te betwis.
Luister: Pieter Marcato dis nuwe country-geur op
Die musikant vertel hy is gek oor die nuwe country-styl wat hy in sy musiek ontsluit het.
Chili, die Grondwet en die kwessie van gelykheid
In ’n sekere sin word Pinochet (wat reeds in 2006 oorlede is) en sy Grondwet, nou die sondebok gemaak vir alles wat in Chili verkeerd loop, 30 jaar ná sy uittrede as president.
Man sterk goed aan ná Brits-aanval
Marleen Niemandt het ʼn besemstok en tuinstoel gegryp om haar man, Basie, teen die messtekende aanvaller te beskerm.
Boek: Belg se poësie nou in vertaling beskikbaar
Die Belgiese digter Charlotte van den Broeck het haar digdebuut in 2015 met ‘Kameleon’ gemaak. Dié bundel is nou deur Daniël Hugo in Afrikaans vertaal en het by Protea verskyn.
Vandag se sportnuus
Springbokke teen All Blacks bly ’n instelling, met Sanzaar wat bevestig dat die Suid-Afrikaners hulself vir die volgende tien jaar tot die Rugbykampioenskap verbind.