Om op ʼn sondeurdrenkte, windverwaaide midweekmiddag met ʼn glas koue witwyn op ʼn stoep saam met jou liewe vriendinne te sit en kuier terwyl julle uitkyk oor die berge, is ʼn lafenis. Die rustigheid. Die stilte. Geen televisie en g’n siel in sig nie. Net die goeie geselskap langs jou en voor jou: die berge soos geplooide olifante. Oranje-groen korsmos teen die kranse. Doer onder seil ʼn stroompie deur die vallei, ons hoor dit kabbel vanaf die stoep.
Alles vir Maandag 9 November 2020
Kaapse wetstoepassers trek talle vas
Wetstoepassingsagentskappe in Kaapstad het die afgelope week meer as 142 verdagtes in hegtenis geneem, asook talle beslagleggings gedoen en boetes uitgereik.
Ietermago in woonwapark gekry
Navraag is by gemeenskapslede oor die eienaar van die huis gedoen en ʼn persoon wat oor sleutels van die perseel beskik het, is opgespoor.
Foto’s: SA musikant by MTV EMA’s vereer
Kyk hier na die glans van vanjaar se MTV EMA’s wat net soos talle ander toekenningsgeleenthede virtueel aangebied is.
Water na drie munisipaliteite beperk
Rand Water sê ondanks herhaalde pogings om die geld in te vorder, betaal die munisipaliteite steeds nie hul skuld nie.
Besprekings vir Kulula-vlugte nou oop
Besprekings is nou oop vir vlugte wat van 1 Desember af hervat word.
Eindeksamen: Ouers móét skool inlig as matriek positief toets
Regstappe sal gedoen word teen die ouers, versorger of afgevaardigde familielid wat doelbewus die positiewe Covid-19-status van ʼn leerder in hul sorg wegsteek.
Handwerk: Maak ’n krokkie -hokkie uit hout vir jou skootrekenaar
Maak die krokodilstaander vir jou skootrekenaar om jou werkplek op te vrolik, veral as jy jou houtstaander boonop met ʼn sonnige geel verf.
DBV gryp in by mishandelde perde in Vrystaat
Een van die perde moes intussen weens die aard van sy besering van kant gemaak word.
Veiligheidswag vas ná transitorooftog
Die wag het by die winkel weggery en die geldwa is later in ligte laaie in Douglasdale aangetref.
Resep: Botterskorsie-en-sampioengebak
Maroela Media-leser Sophia van Loggerenberg vertel dat hierdie resep ʼn lewenslange familiebondgenoot is en altyd baie goeie aftrek kry wanneer dit gemaak word.
Ramaphosa vra ‘groter waaksaamheid’ rakende Covid-19
“Met die feestyd wat nader kom, is dit van sleutelbelang dat ons nie die argitekte van ons eie ondergang word nie,” sê pres. Cyril Ramaphosa in sy weeklikse nuusbrief.
Boek: ‘Ontdek: Insekte’
‘Ontdek: Insekte’ gee nuuskierige agies ’n kans om meer oor insekte te wete te kom. Die inligting word boonop vergesel van kleurryke foto’s, ’n woordelys en plekke om te besoek.
Talle gelukwensinge vir Biden, Harris
Terwyl Biden met sy oorwinning gelukgewens is, was daar nie veel aanduiding dat Trump die stryd sommerso gewonne gaan gee nie.
DNS verbind verkragter met vlaag aanvalle
Hy sou twee mense nader terwyl hulle saam stap, ʼn vuurwapen op hulle rig en hulle dan van items soos selfone beroof. Hy het die mans beveel om te vlug en sou hulle aanrand indien hulle hul teësit.
Driejarige verdrink by huis in Edenvale
Paramedici het dadelik met kunsmatige asemhaling en gevorderde lewensondersteuning begin.
Covid-19-statistieke: Meer as 50 miljoen gevalle wêreldwyd
In Suid-Afrika staan die herstelkoers in hierdie stadium op 92%.
Gedagte vir die dag: Onverdiende guns
Die Here het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. (2 Korintiërs 12:9)