Die herrie rondom Hoërskool Brackenfell in Kaapstad kring al hoe wyer uit, met selfs pres. Cyril Ramaphosa wat hom nou daaroor uitgelaat het.
Alles vir Dinsdag 10 November 2020
Twee van Valke, oudbeampte vas
Ongerymdhede met bevorderings binne die Valke se geledere het aan die lig gekom.
Vandag se sportnuus
Dis De Kock teen Rabada en Nortjé in vanaand se IPL-eindstryd.
Seun breindood verklaar ná plaasmoord wat pa eis
Eddie Hills (26) is breindood verklaar nadat hy en sy pa einde verlede week op hul plaas naby Hennenman in die Vrystaat aangeval is.
3-jarige met kanker is steeds “borrelend en sterk”
Skylar is tans besig met drie weke van bestraling en het reeds 10 chemoterapie-sessies ondergaan.
Gru-ongeluk eis lewe van 14
“Altesaam 13 vroue en een man is op die toneel dood verklaar.”
Koppieteefontein: Die Groot Trek
Om te trek, is nie vir sissies nie. Hulle beweer nie verniet dat naas die dood van ’n geliefde, is die tweede grootste trauma om te trek nie. Maar waar moet ons wortel skiet, is dalk die groter vraag skryf Jak de Priester.
Valke se woordvoerder bedank
Mulaudzi se bedanking volg nadat hy onlangs in die spervuur beland het weens sy beweerde betrokkenheid by ʼn bedrogspul.
Ses mans in middestad vas ná skietery
“Toe een van die beamptes die minibus nader, het die mans hom begin aanrand.”
Covid-19-statistieke: Amper 20 000 sterftes
Nog 36 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig.
Gedagte vir die dag: My genade is genoeg
Die Here het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. (2 Korintiërs 12:9)