“RSG, of dan die Afrikaanse radiostasie van die SAUK, gaan nie toegemaak word of ophou bestaan nie. Dit is fopnuus en dit is kwaadwillig.”
Lees meerAlles vir Donderdag 19 November 2020
Beamptes geskors wat man uit rolstoel gooi
Die voorval is op video vasgelê en word sedertdien wyd op sosiale media versprei.
Brackenfell-optog: Kalmte gevra; polisie gereed
“Dit sal nie die laaste keer wees dat die EFF iets sal uitdink wat slegs ten doel het om ons land te verdeel op grond van doelbewuste anargie, rassisme en haat nie, en die SAPD en wetstoepassingsagentskappe moenie naïef wees oor wat in ons land afspeel nie.”
‘Zuma is nie verhewe bo die reg’
Adjunkhoofregter Raymond Zondo moet streng optree teen oudpresident Jacob Zuma wat vandag ʼn sitting van die Zondo-kommissie sonder toestemming verlaat het.
Verwydering van OB: Speaker sê dalk volgende week
Alle politieke partye in die parlement het reeds hul voorleggings gemaak oor wie op so ’n paneel moet dien.
ToekomsVenster: Hy het jou ’n nuwe hart gegee
Alles is genade en onverdiende guns alleen.
Skool, leerder loop deur onder vals, rassistiese sosialemediarekening
Die eerste video op die skool se vals rekening is reeds einde Oktober geplaas en meer as 283 000 keer gekyk.
Luister in 3 minute: Sakeliga staan Reserwebankwet se wysigings teen
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” kyk Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder van Sakeliga, na die voorgestelde wysigings aan die Reserwebankwet en die Wet op Nasionale Padverkeer.
Styging in kragpryse bedreig volhoubaarheid van landbou
Volgens Vrystaat Landbou is dit onaanvaarbaar dat verbruikers die prys moet betaal vir die swak bestuursbesluite van staatsondernemings.
Konsertgids: Jazz, klassieke musiek die naweek te hoor
Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van konserte waarmee musiekliefhebbers kan ontspan.
Lewenslank vir stiefpa met MIV wat dekade lank verkrag
Die stiefpa het die meisie van haar ma vervreem, haar vertroue gewen en toe die vertroue misbruik. “Sy het hom as haar eie pa beskou.”
Rede hoekom restaurant-man wapen uithaal
“Trauma druk mense dikwels in ʼn verkeerde rigting en dan reageer jy soos jy nie eintlik moet nie. In hierdie geval was die trauma van die huisrooftog nog vars in die eienaar se kop ten tyde van die voorval.”
Proteas kan staande bly in Engeland-reekse
Volgens Boucher is inklusiwiteit en empatie waardes wat daagliks uitgeleef moet word; dit is nie net iets wat af en toe deur ’n voorafbeplande gebaar op die veld gestalte moet kry nie.
‘Los SAUK-werkers, vervolg plunderaars’
Intussen heers groot ontsteltenis oor 12 van die radiostasie RSG se 14 permanente werknemers wat afgelê gaan word.
Nuuskommentaar: Joernalistieke onafhanklikheid onder staatsafhanklikheid?
Die SAUK het in ʼn kwessie van twee jaar reddingsboeie van byna R5 miljard versoek – hierdie spreek nie van ʼn organisasie wat selfstandig is nie.
Carla’s Au Pairs: Die mooiste landskappe en soetste herinneringe met ondersteuning
Carla’s Au Pairs Noordwes gee jou nie net die geleentheid om jou drome te bewaarheid nie, maar ook ʼn belofte dat jy ten alle tye veilig sal wees en ondersteun sal word.
PS5 vandag in SA bekendgestel
“Die PS5 verteenwoordig die begin van ʼn nuwe era vir videospeletjies.” Kyk hier hoeveel die nuwe PS5 jou uit die sak sal jaag.
Zuma stap uit Zondo-kommissie
ʼn Verstomde adjunkhoofregter Raymond Zondo het die verrigtinge verdaag.
Trokdrywer probeer glo springstof in SA insmokkel
Die bestuurder van ’n vragmotor is by die Beitbrug-grenspos voorgekeer.
Bewaarder in Krugerwildtuin steeds vermis
“Daar is deurnag na die wildbewaarder gesoek, maar sonder sukses.”