Daar is ook bewerings dat selfs nóg ʼn vraestel reeds uitgelek het.
Alles vir Dinsdag 24 November 2020
Boekresensie: Die koning se paddaboutjies
Die hedendaagse kind (die boek word voorgeskryf vir sewejariges en ouer) sal beslis aanklank vind by die hersiene weergawes. Daar word selfs melding gemaak van moderne tegnologie soos byvoorbeeld die internet, kuberkrakers, megagrepe, mikroskyfies en Wi-Fi.
BLM steeds vir Rabada relevant; al bly Proteas staande
“Dit was ’n gesamentlike spanbesluit om nie die knie te buig nie, maar BLM sal altyd iets wees waarin ek glo.”
Vyf dood, twee gewond in Nyanga-skietery
Die skietery kom enkele ure nadat talle mense ook in ʼn skietery in die Kaapstadse middestad gewond is.
Boek: ‘Baster’ – Jan Vermeulen
In ‘Baster’ vertel Karel van die honde waarvoor hy lief is, maar ook die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur.
Minder papierwerk voor binnelandse vlugte
Die dra van maskers op lughawens asook op vlugte is egter steeds verpligtend.
Video: Woef is slimmer as sy baas!
Dié golden retriever weet presies hoe om sy baas om die bos te lei wanneer dit by snoepgoed kom.
TLU SA wys sy Jong boer van die jaar aan
“Hy is voorwaar ʼn boer wat nie net aanpas by die hulpbronne tot sy beskikking nie, maar ook die hulpbronne uitbrei en verbeter.”
Nóg reën, donderbuie verwag
Johannesburgers kan hulle voorberei op hewige donderstorms en swaar reën.
Medvedev maak geskiedenis in Londen
Die ATP Finals-sege het baie vir die jong Rus se selfvertroue op die pad vorentoe beteken, maar benewens Djokovic, Nadal en Thiem sal hy ook volgende jaar met Roger Federer te doen kry.
Resep: Bessie-en-gemmer jogurtysies
Spaar ʼn paar rand en maak vanjaar sélf ysies vir die vakansie.
Vandag se sportnuus
Maak ’n honderdtal-swaeltjie Aiden Markram se somer?
Man en muis staan saam vir Loslitdag 2020
Die datum van Loslitdag, Suid-Afrika se gunstelinggeldinsamelings- en bewusmakingsveldtog vir persone met gestremdhede, het vanjaar verskuif na 3 Desember.
Bushiri ontken verkragtingsklag; sê ‘wit polisiebeamptes’ pers hom af
Die voortvlugtende prediker sê daar is ʼn komplot teen hom deur “wit polisiebeamptes”.
Verdagte van skare gered ná moord op driejarige
Die verdagte het op ʼn plaas in die omgewing geskuil.
Covid-19-statistieke: 2 080 nuwe gevalle
Gauteng het in hierdie stadium die minste aktiewe gevalle.
Tweede matriekvraestel lek uit
Die tweede fisiese wetenskap-vraestel het uitgelek voor die aanvang van dié eksamen.
Gedagte vir die dag: God voorsien in al ons behoeftes
My God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus. (Filippense 4:19)