“Ek sal sit en kitaar speel, en dan sal die melodie in my kop begin draai. Sonder moeite, sonder baklei, sonder spasie.”
Alles vir die maand November 2020
Polisie ‘op spoor’ van verdagtes ná Tonteldoos-moord
Een van die aanvallers het van buite losgebrand en Len Pretorius doodgeskiet.
Video: ‘Ons staan op, ons staan teë, én ons sal self’
Dirk Hermann het sedert 2011 met sy ope briewe sterk standpunt ingeneem teen mense wat, soos hy dit stel, klappe na Afrikaners uitgedeel het. Vandag leer ken ons die man agter die aangrypende ope briewe. Susan Lombaard van Maroela Media gesels met Hermann oor sy boek “Ons sal self”.
Vrou se liggaam met steekwonde in huis gevind
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 44-jarige vrou Sondag in haar huis in Bellville in die Wes-Kaap gevind is.
Vyf dood in Polokwane-ongelukke
Vyf mense is vanoggend in twee afsonderlike ongelukke dood.
Verdagte vas, kontant in emmers gevind ná geldwa-roof
Van die kontant is in emmers in ʼn verdagte se slaapkamer gevind.
Witeiland: Strafregtelike klagte volg ná dodelike uitbarsting
Altesaam 22 mense is die betrokke dag in Desember verlede jaar dood terwyl talle ander ernstige brandwonde opgedoen het.
Foto’s: Hier is Mnr. SA 2020
“Dit is een van daardie groot gebeure in jou lewe waarna jy jare lank hoop en uitsien, en dit speel binne ʼn paar oomblikke af.”
Sosialemediafoendi Katinka maak nou ook musiek
“Ek wou met die konsep van die video so ‘Katinka’ moontlik wees. Die grimering, die klere, die dans – dit is 100% ek.”
Oudbevelvoerder van Kampsbaai vas vir kinderpornografie, onsedelike aanranding
Die voormalige polisiekaptein se seun het sy eie jare lange beweerde seksuele misbruik deur sy pa op Facebook bekend gemaak nadat hy op ʼn boks DVD’s met kinderpornografie daarop in sy pa se huis afgekom het.
Parktown se skoolhoof appelleer teen afdanking
Enock Mpianzi se familie dagvaar die departement intussen vir R20 miljoen.
Korrektiewe toesig vir man wat oor karwag ry
Johan Steyn het Mzwanele Wellem in April 2019 in die parkeerterrein van die winkelsentrum met sy Corsa-bakkie gestamp en daarna oor hom gery.
‘Besope’ polisieman in die sop
Die polisiekonstabel van Noordwes is oor die naweek op video vasgevang waar hy sukkel om op sy voete te staan terwyl hy die skade aan ʼn polisievoertuig nagaan.
Resep: Alkoholvrye sangria
Hierdie vrugtige Spaanse drankie is ʼn treffer vir die somer. Sit dit voor met of sonder alkohol saam met baie ys.
Polisie vra hulp om PE-man se moordenaars op te spoor
“Kringtelevisiebeeldmateriaal wys dat hy die mans wou afweer, maar hulle het hom oorrompel en op die grond vasgedruk.”
‘Lesufi moet fokus op gehalteonderrig in plaas van rassismekwessies’
“Panyaza Lesufi se magsbeheptheid om alle skole en skoleplasings in die provinsie te beheer is uiters ongesond en tot nadeel van alle leerders.”
Man vas wat polisielid vermoor, uit selle ontsnap
ʼn Man, wat Vrydag ʼn 57-jarige adjudant-offisier vermoor en toe uit die polisieselle in Mutale in Thohoyandou, Limpopo ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Vier sterf in Limpopo-ongeluk
Die polisie in Lephalale (Ellisras) ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná vier persone Sondag omstreeks 17:00 dood is in ʼn ongeluk.
Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak
Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Gedagte vir die dag: “Gaan vertel …”
Jesus antwoord hulle: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien …” (Matteus 11:4)