“Die verdagtes se betrokkenheid by georganiseerde misdaad sal deel uitmaak van ʼn groter ondersoek na perlemoensmokkelsindikate.”
Alles vir Donderdag 3 Desember 2020
Verbruikersake: Meer koop aanlyn, maar wees nogtans versigtig
Aankope by aanlynwinkels het ook met 458% toegeneem vergeleke met 2019. Ina Opperman verduidelik hoe jy hierdie nuwe inkopieneiging veilig kan aanpak.
Nuuskommentator Herman Toerien groet
Die warm ink in Herman Toerien se skryfpen sal ongetwyfeld nog lank vloei. Baie oor hom is nog ongesê.
Vandag se sportnuus
Cristiano Ronaldo vind vir die 750ste keer in sy loopbaan die agterkant van die doelhok.
Wen: Geskenkpak met splinternuwe albums deur Afrikaanse kunstenaars
Juan Boucher se Gewigloos, Dozi se Vrede, Jan Blohm se Jenny en Herman Kleinhans se Ruite oop sal deel vorm van dié heerlike geskenkpak. Twee gelukkige lesers kan elkeen ʼn geskenkpak met dié albums wen.
Boek: ‘Oor en weer’ – Trisa Hugo en Analize Viljoen
‘Oor en weer’ werp ’n blik op die patriargale stelsel van Irak en die invloed wat dit op vroue het. Dié debuutroman fokus veral op temas soos vriendskap, buurmanskap en liefde.
Annelien se kombuis: Drieboneslaai
’n Heerlike slaai wat lank in die yskas hou.
Babalykie in plastieksak gevind
’n Babaseuntjie se liggaam is Woensdagaand in ’n plastieksak by ’n woonstelkompleks in Turffontein in Johannesburg gevind.
Ses dood toe trok in motors, voetgangers inploeg
Altesaam ses mense is Woensdagaand dood nadat ’n vragmotor in nagenoeg vyf motors en ’n groep voetgangers ingeploeg het in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo.
DA steun nie ‘ligsinnige’ Ramaphosa-mosie
Die mosie word vandag in die Nasionale Vergadering gedebatteer waarna gestem sal word.
Covid-19-statistieke: Meer as 4 000 nuwe gevalle
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.
Gedagte vir die dag: Geloof
As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon. (Hebreërs 11:6)