In hierdie week se episode kom die vrylating van die sogenaamde Coligny-2 aan die beurt, ondersoek na matriekvraestelle wat uitlek word gedoen en die nuwe verkiesingswetgewing word ontleed.
Alles vir Vrydag 4 Desember 2020
Beloftebos se standpunt ‘gevaarlik’ – MRK
Die Menseregtekommissie het pas stukke by die gelykheidshof ingedien in sy saak teen die Beloftebos-venue
Reuse-ontploffing by raffinadery in Durban
Die ontploffing kon vanoggend glo so ver as die Durbanse middestad gevoel word.
Covid-19: Meer as 1,5 miljoen sterftes wêreldwyd
Daar is tans meer as 65 miljoen bevestigde Covid-19-gevalle in 220 lande en gebiede reg oor die wêreld.
Resep-video: Drukkoker-kaaskoek
As jou oond gebreek is, jy nie ʼn oond besit nie of die kaaskoeklus jou oorval terwyl jy kamp, kan jy hierdie een sommer in jou drukkoker maak!
Musiekvideo: Tasha jaag nie roem, wil net sing
Haar jongste enkelsnit getiteld “Ek moet weet” is onlangs uitgereik en die musiekvideo is vandag (Vrydag) vir die eerste keer op Maroela Media te sien.
Vandag se sportnuus
Generaal Steyn is terug teen Cheetahs op Loftus Versfeld.
Handwerk: Hierdie vilt-geskenkkaartjies is te dierbaar
Maak jou geskenke ekstra besonders deur jou eie diertjiekaartjies uit vilt te maak.
‘Covid-korrupsie’: Hoës by nasionale laboratorium geskors
Die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) se hoof van voorsieningskettingbestuur en finansiële hoof is saam met ander personeellede geskors nadat ʼn forensiese ouditverslag hulle by moontlike wangedrag betrek het.
Trauma is ’n alledaagse verskynsel
“Probleme wat ons sien by kinders wat ons na plekke van veiligheid neem, sluit konsentrasieprobleme, prikkelbaarheid, woede, impulsiwiteit en dergelike gedrag in. Ons sien ook kinders wat hulself sny, selfdoodneigings het of emosionele eters word.”
Twee gevonnis vir moord op man wat POF-uitbetaling kry
“Hulle het hom vasgebind en hom gemartel terwyl hulle geëis het dat hy sy bankkaarte en PIN-nommers vir hulle gee.”
DA bly oor vlak 1, kap regering oor entstof
“Dit wil voorkom asof lesse oor die ondoeltreffendheid en vernietigende effek van inperkings uiteindelik geleer is, al is dit nege maande te laat.”
Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle; só lyk herstelkoers
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.
Gedagte vir die dag: God gee vir jou lig
Wie in die donker loop en geen lig sien nie, moet op die Here vertrou, moet op sy God steun. (Jesaja 50:10)