Hierdie week vir Wiele2Wiele rol die wiele saam met Ford SA om ‘n verskil te maak met hulle “RangeHER Drives with a Mission”-projek. Hulle gaan ry ook met BMW se nuwe 4-reeks en Kia se opgeknapte Rio.
Alles vir Woensdag 9 Desember 2020
Restaurantbedryf vies oor regering se skielike versoek
“Die regering het maande gehad om met ons te praat en eis nou ʼn oplossing.”
Boere gewaarsku teen EFF, ‘arbeidsinspekteurs’ wat plase betree
Verskeie voorvalle is reeds aangemeld waar lede van die EFF en mense wat hulself as arbeidsinspekteurs voorgedoen het, plase betree het en toegang tot plaaswerkers gekry het.
Hofstukke ingedien ná NSFAS beurse terugtrek
Die studente was eerlik in hulle aansoeke en hul beurse is goedgekeur net om later teruggetrek te word.
Matrieks: Kom ontspan en hou dinee in die Bosveld
Hierdie is ʼn eksklusiewe aanbod vir ʼn maksimum van 25 matrieks om saam met ons die week op die wildsplaas en lewenstyl boerplaas te kom meemaak.
Groot soektog ná twee uit Pretoria-tronk ontsnap
Die departement van korrektiewe sê hy is met die hulp van die polisie op die spoor van die twee voortvlugtende gevangenes.
Die uitdagings in onderwys
Ingrypende verandering aan die onderwysstelsel sal binne weke dringend gedoen moet word. Die Covid-19-pandemie het onderwyspatrone heeltemal omver gegooi en dit sal versteurd bly vir jare.
Dís wat Suid-Afrikaners doen as hulle tuis werk – navorsing
Ander plesiertjies wat Suid-Afrikaners oënskynlik geniet is om op ʼn weeksdag lekker laat te slaap, om die een Netflix-program na die volgende te kyk en om eerder buite die huis te werk.
Pierneef op 10 Desember 2020 weer in kollig
Hendrik Pierneef wat wêreldwyd as Suid-Afrika se eerste groot skilderkunstenaar van betekenis beskou word, is 63 jaar ná sy afsterwe in 1957 opnuut in die kollig. Sy naam het onlangs selfs in die hooggeregshof in Bloemfontein weerklink.
Resep: Beesvleiskerrie
ʼn Heerlike, vullende gereg wat jou sal laat voel of jy in jou ouma se kombuis sit.
Boek: ‘Skepsel’ – Willem Anker
Willem Anker is bekend vir opspraakwekkende dramatekste soos ‘Skroothonde’ en ‘Samsa-masjien’. Sy roman ‘Buys’ het talle pryse verower, insluitend die WA Hofmeyr- en Hertzogprys.
Agt jaar vir moord op polisiebeampte
ʼn 25-jarge man is Dinsdag in die Blue Downs-landdroshof in Kaapstad tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ʼn polisiebeampte meer as sewe jaar gelede.
Meer as net ’n skoen
“Dit gaan oor meer as net ’n skoen. Dit gaan oor ’n kind se hart, ’n kind se potensiaal en ’n kind se selfvertroue.”
Vandag se sportnuus
Spelers van Paris Saint-Germain en Istanbul Basaksehir beëindig wedstryd ná bewerings van rassisme.
Pa wil hoop gee ná tragedie
“Ons almal se lewens is op verskillende maniere stukkend of geskeur. Maar dit is juis deur dié krake wat ons lig na buite kan skyn. Dit is soos ʼn kunswerk wat ons seer en mooi aan die wêreld kan wys.”
Boetiekhotel, motors gevat in tenderondersoek na werkers in premierskantoor
Die staat voer aan die amptenare in die premier se kantoor – wat in die verkrygingsbestuurafdeling gewerk het – het saamgespan en onregmatig saam met die diensverskaffers gewerk om tenderprosesse te manipuleer.
Saak teen Zuma, Thales opnuut uitgestel
Die saak word nou na verwagting in Februarie volgende jaar hervat.
Loterykommissie gee ‘volle samewerking’ aan ondersoekers
Lede van die Valke en die Spesiale Ondersoekeenheid het Dinsdagoggend vroeg op die kommissie se kantoor in Pretoria toegeslaan.
Covid-19-statistieke: Meer as 4 000 nuwe gevalle
Die meeste toetse word in hierdie stadium in die private sektor gedoen.
Gedagte vir die dag: In die hemel
Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. (Openbaring 21:4)