Die saak dien Dinsdag 22 Desember voor die hof.
Lees meerAlles vir Dinsdag 15 Desember 2020
‘Landburgers se vrese oor Onteieningswet al lankal bevestig’ – Vrystaat Landbou
Die VL wys in sy verslag daarop dat die Onteieningswet private eiendomsreg in die algemeen aftakel.
Openbare kommentaar oor Onteieningswetsontwerp aangevra
Die parlement het die publiek gevra om kommentaar te lewer op die Onteieningswetsontwerp wat vroeër vanjaar by die parlement ingedien is.
‘Voorgestelde SEB-kodes vir regsberoep moet teengestaan word’
“Enige voorstel dat regstellende aksie meganies toegepas kan word, moet verwerp word.”
Polisiehoof toets positief vir Covid-19
“Genl. Sitole toon in hierdie stadium geen simptome van die virus nie.”
Onderwysdepartement se ‘onvermoë skep krisis’
“Eerder as om die hofuitspraak te blameer, moet die departement daarop fokus om ’n behoorlike ondersoek te doen om die skuldiges vas te trek.”
Verbod op strande gaan Oos-Kaapse toerisme finaal ‘verwoes’
“Gesonde verstand sê tog sekerlik vir jou dat jy ʼn groter kans het om Covid-19 in ʼn volgepakte kleinhandelaar op te doen, as op ʼn oop strand.”
Driedubbele moord op plaas ruk KZN
Volgens die polisie is die 58-jarige Daniël de Bruin se liggaam ʼn paar meter van die hoofhuis aangetref. Sy vrou, Glynis de Bruin (60), is dood in die kombuis gevind. Die liggaam van die 84-jarige Colin de Bruin is net buite se kamer aangetref.
Louiesenhof-moord: Weduwee soek glo borgtog
Stefan Smit se weduwee sal later weer saam met die twee ander beskuldigdes in hof verskyn.
Plaaswerker vas vir moord op Smithfield-boervrou
Poenkie Bisset se voertuig- en huissleutel, asook haar selfoon is by haar gevind waar sy langs haar voertuig gelê het.
Boek: Blokraai-antwoorde
Nie net gee jy jou brein oefening wanneer jy blokraaie invul nie, maar dit help ook om jou stresvlakke te verlaag. Dit is ’n baie insiggewende stokperdjie wat jy enige tyd en op enige plek kan beoefen.
Pofadder-moord: Derde verdagte borgtog geweier
Al drie verdagtes sal na verwagting weer op 22 Februarie hul verskyning in die hof maak.
Drie se dood met taxigeweld verbind
“Met polisielede se aankoms op die toneel het hulle drie liggame met skietwonde in die pad aangetref.”
Aan my seuntjies oor Kersfees
Sou Maria by haar God gepleit het om haar seuntjies veilig te hou? Sou sy ge-bargain het? Sou sy sonder ophou gebid het? Was sy soms vreesbevange dat sy Jesus nie sou kon veilig hou nie? Dat sy hom in die steek sou laat? Was sy ooit bang dat sy ‘n mislukking as ma is en dat haar kinders die prys daarvoor gaan betaal?
Wes-Kaap vra herbesinning oor Tuinroete
Daar heers ook verwarring oor drankverkope op wynplase nadat die nuwe regulasies in die Staatskoerant gepubliseer is.
Talle renosterhorings in pakhuis gevind
“Altesaam 17 renosterhorings van verskillende groottes en wat saam 72,4 kg weeg, is gevind en op beslag gelê.”
Kilian bly tot ná Nuwejaar agter tralies
Kilian se algemene redes vir borgtog sluit in dat hy aan bipolêre depressie ly en dat hy vir sy vrou en twee kinders, insluitend ‘n seun wat outisties en serebraal gestremd is, moet sorg.
ANC-kommissie: ‘Skors Ace as hy weier’
Die kommissie spreek in sy verslag van drie bladsye ook kommer uit oor ’n “toenemende negatiewe persepsie” oor die NUK.
Vrae oor getal positiewe toetse ná Rage
“Beleidsbesluite moet versigtig geneem word en daarom is duidelikheid oor die syfers nodig.”
Cato Bekker herstel verhoudings in ‘Die Uitnodiging’
“Dit was vir my interessant hoe ‘n klein misverstand ‘n groot skeur in ‘n verhouding kan veroorsaak en hoe die gebrek aan kommunikasie die skeur verdiep.”