Luister hier na die Griekwagebed “Mooierder assie son” deur Hans du Plessis. Dit word deur Veronica Geldenhuys voorgelees en het by Lapa Uitgewers verskyn.
Alles vir Vrydag 18 Desember 2020
Covid-19-regulasies gewysig: Wynplase nou Sondae oop
Hotelle, gastehuise, lodges en ander verblyfplekke mag ook nou volgens die gewysigde regulasies al hul kamers verhuur indien gaste steeds aan al die Covid-19-regulasies voldoen.
Louiesenhof-moord: ‘Dit was vooraf beplan’
Een van die beskuldigdes het in sy borgtogaansoek beweer twee EFF-lede het Smit met die dood gedreig en gesê hulle sal die plaas (Watergang) met mening afneem.
Resep-video: Spek-en-groentetert
Maklik en propvol nutriënte!
Handwerk: Vou jou Kersgeskenke toe in gestempelde of fynbospapier
Hierdie geskenkpapier is so besonders dat dit nie sommer vinnig in die asblik sal beland nie.
‘Ondersteun kusdorpe,’ pleit Suid-Kapenaars
“Vakansiegangers moet nie hul vakansies kanselleer nie, maar eerder die besluit neem om as gesin die omgewing te kom verken en op só ’n manier die ondergang van nog meer ondernemings help bekamp.”
Cele se ‘boeliegedrag’ kan die Kaapse rolprentbedryf miljoene kos
Nóg 11 rolprentspanne het die Stad ingelig dat hulle hul werk eers sal staak uit vrees vir verdere finansiële verliese, indien hul verfilming ook ontwrig word.
Ongeluk eis 3 matrieks: Bestuurder dalk onder invloed
Die taxiraad ondersoek die moontlikheid dat die bestuurder van die taxi onder die invloed van drank was ten tyde van die ongeluk.
Covid-19-statistieke: Meer as 24 000 sterftes al aangemeld
Nog 184 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig.
Gedagte vir die dag: Geen plek vir Jesus nie
Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. (Lukas 2:7)