“Deur ʼn slenter oor gemeenskapsinisiatiewe soos die Krisisfonds te versprei, doen nie net afbreuk aan die enorme verskil wat die fonds teweeggebring het nie, maar dit werp ook ʼn skadu oor die gemeenskap se ywer vir die saak.”
Alles vir Maandag 21 Desember 2020
Span sal sonder ‘Chinese toesig’ koronavirus-oorsprong ondersoek – WGO
Die WGO werk al maande lank daaraan om ’n span van tien internasionale kundiges, onder wie epidemioloë en spesialiste vir dieregesondheid, na China te stuur.
Covid-19: Dié lande verbied nou reis vanaf VK weens nuwe variant
Dit volg nadat ’n meer aansteeklike variant van die koronavirus in die Verenigde Koninkryk uitgebreek en sedertdien “buite beheer” versprei het.
Ramaphosa stel voorwaardes vir versoening
Onthou ’n brug word nie net van een kant gebou nie, al dink die ANC hy kan sy voorwaardes op almal afdwing. Netso kan jy nie goeie verhoudinge en versoening met geweld op mense afdwing nie, skryf dr. Pieter Mulder.
Luister: Griekwagebed – Psalm 121
“Ek slat my twee oge op,
my kyk vang die verste kop:
waavanaf sal my hulp nou kom?”
Die raaisel van Biden se oorwinning
Vir vier jaar het senior demokratiese leiers Trump ‘n onwettige president genoem. Hulle verwag nou van Trump-ondersteuners om die uitslag van ’n gesteelde verkiesing te aanvaar, die strydbyl te begrawe en vorentoe te beweeg, terwyl Biden die eintlike onwettige president is, skryf Rhoda Kadalie.
Polisieman geskiet toe hy op inbraak reageer
Polisiebeamptes het Saterdagnag op ’n alarm gereageer nadat daar by die poskantoor in Gonubie ingebreek is.
Resensie: Julanie J se Afrikaanse debuutalbum perfek vir die Kerskous
‘Mooi’ het vroeër vanjaar die lig gesien en word beskryf as ʼn kort liefdesverhaal met ʼn tema van selfontdekking.
Covid-19-statistieke: Só lyk jongste gevalle, sterftes
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak. Suid-Afrika beleef tans sy tweede golf infeksies.
Resep: Oondgeroosterde beesfilet met bruinsous
ʼn Heerlike geurige beesfilet gepas vir ʼn koning!
Vandag se sportnuus
Die Australiese krieketraad is steeds gretig vir sy span se Protea-safari, maar sê dat die spelers se welstand sy hoofprioriteit is te midde van bekommernisse oor Suid-Afrika se bio-borrel en positiewe Covid-19-gevalle.
Gedagte vir die dag: Sonder vrees
Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore.” (Lukas 2:10-11)