Die WP het ʼn bonuspuntesege behaal.
Lees meerAlles vir Saterdag 26 Desember 2020
Laat daar hoop wees
Dit was die jaar wat my weer hoop gegee het vir die mensdom. As daar flieks gemaak word van die jaar 2020, laat hulle fokus hierop: die Liefde.
Brittanje, EU maak post-Brexit-ooreenkoms bekend
Brittanje en die Europese Unie het Saterdag die volledige teks van die post-Brexit-handelsooreenkoms gepubliseer wat die vennootskap uiteensit wanneer die Verenigde Koninkryk die blok oor vyf dae verlaat.
Pikkewyne wat mekaar ‘troos’ wen fotokompetisie
Die twee het albei hul maats verloor en ontmoet gereeld om mekaar te “troos”.
Proteas bal vuis teen rassisme
Die Suid-Afrikaanse krieketspan het Saterdag voor die aanvang van hul toets teen Sri Lanka by SuperSport Park in Centurion met hul vuiste om hoog gestaan, ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging.
Medelye betuig met afsterwe van NUM-hoof
Solidariteit voer aan hy het juis te midde van hierdie ongelooflik uitdagende jaar uitgestaan as ʼn leidende figuur vir veiligheid onder in Suid-Afrikaanse myne.
Video: Krokodil gryp jagluiperdwelpie
Beeldmateriaal uit Suid-Afrika van die oomblik waar ʼn jagluiperd skielik deur ʼn krokodil oorval en in die water ingesleep word, maak opslae op sosiale media.
Covid-19: EU begin om entstof te ontplooi
Inentings sal Sondag in al 27 lande in die Europese Unie begin.
Britse dubbelagent sterf op 98
George Blake, ʼn berugte spioen in Britse intelligensie wat tydens die 1950’s vir die Soewjet-KGB spioeneer het voor hy oor die Ystergordyn gevlug het, is in die ouderdom van 98 oorlede.
Skattige briewe van tandemuis gryp verbeeldings aan
Kardoemsie se briewe oor sy vrou, 23 kinders en raad vir goeie mondhigiëne het nie net Anneke se verbeelding aangegryp nie, maar ook haar juffrou sʼn.
Foto’s: Aasvoël by Hartbeespoortdam gered
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ʼn aasvoël gered wat in hiasinte op Hartbeespoortdam in Noordwes verstrengel geraak het.
Tiener verdrink op Oukersdag in Richardsbaai
Die 18-jarige het saam met sy oom by die meer visgevang.
Limpopo-sakeman op Oukersdag vermoor
‘n Sakeman van Limpopo en sy gesin is in die vroeë oggendure van 24 Desember deur gewapende rowers oorval.
Luister: Griekwagebed – Die Jirre het gekom
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, “Die Jirre het gekom”, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis.
Kersdag in die Rooikruis-kinderhospitaal
Soms is mens so gelukkig om verlof of ’n afdag met Kersfees te hê. Maar verpleegpersoneel wat op Kersdag werk, moet dit vir hulself en die pasiëntjies lekker maak, vertel ’n 59-jarige verpleegsuster van die Rooikruis-kinderhospitaal aan Sarie Marais-Nell.
Minstens 26 dood toe boot in Uganda omslaan
Minstens 26 persone is dood toe hul boot omgeslaan het op Albertmeer, ‘n varswatermeer in Sentraal-Afrika wat die grens tussen Uganda en die Demokratiese Republiek van die Kongo vorm.
Vier ná ongeluk aangekeer oor ʼn huisbraak in Sandton
Vier persone, tussen 25 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem oor ʼn huisbraak in Sandton ná ʼn motorongeluk op Kersdag.
Man vas oor dwelms van meer as R1 miljoen
Die inhegtenisneming van ʼn 47-jarige man deur die snelwegpatrolliespan in Limpopo het tot ʼn dwelmvonds gelei.
SANW ook in Mount Ayliff ontplooi
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangesluit ná sewe mans dood is toe twee opposisiegroepe mekaar op Kersdag in Mount Ayliff in die Oos-Kaap aangeval het.
Covid-19: Byna 1 miljoen gevalle in SA
Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.