Van die algemeenste oortredings oor die Nuwejaarsnaweek was mense wat die aandklokreël verontagsaam het, drank verkoop of vervoer het en mense wat nie maskers in die openbaar gedra het nie.
Alles vir Dinsdag 5 Januarie 2021
SA Hilux tem Dakar-duine
Nasser al-Attiyah het die tweede skof van die moordende Dakar-veldtydren in sy Suid-Afrikaans geboude Toyota Hilux gewen.
Paia-aansoek ingedien oor regering se entstofplan
“Suid-Afrikaners verdien om te weet wat die regering se entstofplan is en hulle verdien om dadelik te weet omdat ons nie nog vlae infeksies of afsondering kan bekostig nie.”
Krisisse bring ook oplossings na vore
Die slegte nuus uit die geskiedenis is dat daar maar altyd krisisse is. Die goeie nuus is dat krisisse nie nét sleg is nie, en dat dit selfs tot ongelooflike hoogtepunte lei.
Lesersbrief: Om tydens grendeltyd te rou, is om te luister en te skryf
2020 was vir baie van ons nie maklik nie, maar dit het ʼn geleentheid geskep vir groei. Mag ons hierdie nuwe jaar sterker groei deur elke daad van deernis en omgee.
Resep: Eenvoudige pikante chorizo
Die natuurlike soetheid in die chorizo en die bietjie balsamiese asyn sal die surigheid van die tamaties breek.
Om te kajak tussen krokodille, seekoeie en haaie
Seekoeie is die daaglikse voetgangers in St. Lucia en van die plaaslike mense vertel dat daar soms ’n luiperd sy gesig op hul voorstoepe kom wys. Die blouapies steel graag sigarette – ons het eerstehandse ervaring.
Nog klagte dalk teen drie wat glo goud smokkel
Die drie vermeende smokkelaars het Maandag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn waar hulle tereg staan op die onwettige handel in edelmetale en oortredings van doeanewetgewing.
Heelwat minder misdaad in Kaapstad weens afsondering
Die daling in misdaadvoorvalle word grootliks aan die aandklokreël en beperkings op die verkoop van alkohol toegeskryf.
Ses weke lange afsondering vir Engeland ná infeksies hoogte inskiet
Die afsonderingstydperk tree vroeg Woensdag in werking en duur tot middel Februarie.
Covid-19-statistieke: SA steek kerf van 30 000 sterftes verby
Die land het in hierdie stadium ʼn positiwiteitskoers van 33,7% van diegene wat vir die virus getoets word.
Gedagte vir die dag: Besluite
God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. (Johannes 3:16)