Instandhoudingswerk word wel oor die naweek voortgesit en dit mag druk op die kragnetwerk plaas.
Alles vir Vrydag 8 Januarie 2021
Plate verkoop in 2020 beter as afgelope 30 jaar
Langspeelplate het verlede jaar die beste verkope gesien sedert die vroeë 90’s se pop-era.
11 miljoen in China weer ingeperk
’n Chinese stad met ’n bevolking van sowat 11 miljoen is weer ingeperk in ’n poging om China se grootste Covid-19-uitbreking in maande te stuit.
Klerksdorpman vas wat drank smous
Die polisie sê hulle het ʼn wenk gekry dat drank vanuit die huis verkoop word.
Dakar: SA se Giniel en Brian laat wiel
De Villiers eerste en Baragwanath tweede in uitstekende skof vir Suid-Afrikaners.
Polisieman sterf ná chaos by VSA-kongresgebou
Pres. Donald Trump het intussen die geweld waarmee die opstande by die Kongresgebou gepaardgegaan het, veroordeel.
Resep: Ham-en-sampioen-quiche
Hierdie quiche is nie net gesond en voedsaam nie, maar ook glutenvry!
Aanvaar WhatsApp-bepalings of geen meer toegang
Die maatskappy sê die bygewerkte bepalings gaan beteken WhatsApp kan bykomende inligting met Facebook en sy ander apps soos Instagram en Messenger deel. Dit sluit kontakte en profielinligting in.
Boek: ‘Die boek van twee weë’ – Jodi Picoult
‘Die boek van twee weë’ is ʼn aangrypende verhaal oor lewe en dood, en verspeelde kanse. Dié Jodi Picoult-topverkoper is nou deur Daniël Hugo in Afrikaans vertaal.
Covid-19: Só lyk situasie in land se private hospitale
Onsekerheid heers egter onder die publiek oor die stand van sake by private hospitale. Het hospitale die kapasiteit om die toevloei van Covid-19- en ander pasiënte te hanteer?
Vandag se sportnuus
Marnus Labuschagne uiteindelik weer tussen die voorste lopiemakers teen Indië.
3 gesonde eetgewoontes vir skoolkinders
Navorsing toon dat ontbyt verstandelike prestasie, konsentrasie en goeie luim ʼn hupstoot kan gee.
Vier dood ná polisie rooftog fnuik
“Die beamptes het die verdagtes tot by ’n onbekende adres in die omgewing gevolg waar ’n skietery uitgebreek het.”
Elon Musk nou wêreld se rykste
Musk was reeds op 30-jarige ouderdom ‘n miljoenêr.
Covid-19-statistieke: Weer meer as 20 000 nuwe gevalle
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.
Gedagte vir die dag: Doelwitte
Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ’n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry. (1 Petrus 3:8-9, Bybel in Afrikaans 1983/1992)