Die verdagtes het glo beplan om die afleweringsvoertuig te beroof.
Alles vir Woensdag 13 Januarie 2021
Ma, vroeggebore baba na Covid-nagmerrie herenig
“Toe ek my baba vir die eerste keer sien, het trane oor my wange gestroom. Ek was oorstelp van blydskap, maar terselfdertyd was dit moeilik om hom nie te kon vashou nie.”
Om te mag sê of nie – wie bepaal dit?
Hoe ver strek die reg op die vryheid van spraak? Dié vraag is relevant deurdat die sosiale media (’n mens dink aan Twitter, Facebook en Instagram) pres. Donald Trump se toegang daartoe geblokkeer het – in Twitter se geval selfs lewenslank.
Wenke wat jou nuwe oefenroetine sal vergemaklik
Maak nie saak wat jou fiksheidsdoelwitte is nie, ʼn aktiewe leefstyl is altyd gesonder as ʼn onaktiewe een en daar is ʼn paar gewoontes wat die verandering kan vergemaklik.
Die Boer-teater sluit weens Covid-regulasies
Die Boer-teater in Durbanville, Kaapstad, het aangekondig dat dit na 15 jaar sy deure gaan sluit omdat dit nie meer die groot las veroorsaak deur die Covid-19-regulasies kan dra nie.
Gedig: Husse met lang ore
“Wie kan my sê wat husse is?
Husse met lang ore?”
Vaughan sê Smith het ’n dom ding gedoen
“As hy dit dan nou kwansuis so gereeld doen, kom ons kyk of hy in Brisbane iets soortgelyks doen.”
Gesin sterf in N3-ongeluk: ‘Hulle was engelmense’
Die gesinne het die minibus gehuur om saam met vakansie te gaan en het Sondag teruggekeer huis toe.
Hertogin Fergie skryf debuutroman vir Mills & Boon
Die storie sluit egte mense en gebeurtenisse in en die hertogin het ook op haar eie ervaringe staatgemaak, maar sê haar “verbeelding het oorgeneem”.
YouTube skort ook Trump se kanaal op
Die platforms voer aan die verbitterde leier kan sy rekeninge gebruik om meer onrus op te stook voor aangewese pres. Joe Biden se inhuldiging.
Netflix kondig 70 nuwe rolprente vir 2021 aan
Dié voorskou is ongewoon vir die stromingsreus, wat voorheen die nuus van nuwe uitreikings een fliek op ʼn slag aangekondig het.
Vrou beseer toe gewonde man deur heining bars
Die man is op die toneel dood.
Peterhansel-skofsege gee voorsprong ’n hupstoot
‘Mnr. Dakar’ se skofsege beteken dat hy nou ’n algehele voorsprong van amper 18 minute oor Nasser Al-Attiyah geniet. En met die veldtydren wat einde se kant toe staan, is die kanse goed dat die 55-jarige Fransman wéér met die louere sal wegstap.
Resep: Vanieljekolwyntjies
ʼn Basiese kolwyntjieresep wat jy kan opkikker soos jy wil vir kinderpartytjies, ʼn babatee of selfs troues.
Nuwe WhatsApp-regulasies: Kenners nie bekommerd
Die nuwe bepalings het talle mense op hol, maar is die kommer geregverdig? Lees hier wat kenners sê oor WhatsApp, alternatiewe opsies en maniere om blootstelling te beperk.
Covid-19: ‘Tekens van stabilisering’ in Wes-Kaap
Die getal hospitalisasies en die sterftesyfer in die provinsie weerspieël die beduidende druk wat tans ervaar word, het Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, Dinsdag tydens sy weeklikse aanlyn mediakonferensie gesê.
Oud-LUR was ‘ware leier’
“Van Rensburg het ’n belangrike bydrae gelewer tot die groei en ontwikkeling van landbou in die Wes-Kaap.”
Covid-19-statistieke: Meer as miljoen herstel reeds
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.
Gedagte vir die dag: Passie
Ek sal hulle harte verander en hulle gees nuut maak. Ek sal die harte van klip wegneem en vir hulle sagte harte in die plek daarvan gee. (Esegiël 11:19)