Die Pumas het weliswaar nie dieselfde diepte of begroting as die groter unies nie, maar die Laevelders verdien gerus ’n klop op die skouer vir hul Carling Curriebeker-veldtog.
Alles vir Donderdag 14 Januarie 2021
Yamaha Ténéré 700: T7-konsep eindelik hier
Hier was ’n liggewig, eenvoudige motorfiets waarmee jy op wêreldreise sou kon gaan met die bewese betroubaarheid van ’n Yamaha.
Opname wys meer as helfte dink nie skole moet nou heropen
Die navorsers sê teenkanting teen die heropening van skole moenie beskou word as ʼn aanduiding dat mense nie bekommerd is oor hul kinders se onderrig nie.
Uganda na stembus midde internetonderbreking
Die veteraanleier Yoweri Museveni (76) beoog ʼn sesde termyn as president van Uganda. ʼn Voormalige popster kan hom egter nou onttroon.
Meiringspoort weer gesluit; opruimingswerk gaan voort
Vloedwater het groot skade aan dié pas aangerig.
Honderde kuikens van Robbeneiland gered
Dit is onduidelik hoekom die voëls nie na die kuikens teruggekom het nie.
Boek: ‘Bruidzilla’ – Marion Erskine
Gaan Tillie betyds vasstel wat ágter haar vriendin Milanka se monster-mondering skuil?
Beurtkrag Donderdag weer SA se voorland
Die kragvoorsiener waarsku dat ʼn selfs hoër fase van beurtkrag dalk ingestel kan word indien die situasie verder versleg.
Dricus weer Maart in UFC-aksie
Die Suid-Afrikaanse gemengdegevegskuns-atleet het die nuus op sy amptelike Twitter-rekening met ’n opgewonde “I’m back!” bevestig.
Kommer oor superverspreiding van virus by Sassa-betaalpunte
“Die toue soos dit vandag lyk, kan kwesbare mense blootstel aan Covid-19 en die nuwe virusvariant.”
Immigrasiebeampte vas wat glo omkoopgeld eis
ʼn Immigrasiebeampte van die Noord-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld in ruil vir gunste by onwettige immigrante geëis het.
Kallis: Eerste toets as tydelike Engeland-konsultant begin vandag
“Dit is hartseer dat ek nie in Suid-Afrika kan uithelp nie, maar ek geniet my tyd hier saam met Engeland.”
‘Tintin’-kunswerk kan nuwe veilingrekord laat spat
Afslaersgroep Artcurial beraam dat die kunswerk vir tussen €2,2 en €2,8 miljoen (sowat R52 miljoen) sal verkoop ondanks duidelike voumerke.
Eerste besending entstof vir Afrika bekom
Ramaphosa sê minstens 50 miljoen van hierdie dosisse sal reeds tussen April en Junie beskikbaar wees.
Resep: Kruierys
Maklike rys in slegs twee stappe vir beginners in die kombuis.
Senior aanklaer vas wat glo dossier ‘laat verdwyn’
Een van die slagoffers het hom glo R25 000 betaal sodat ʼn dossier oor dronkbestuur vernietig kan word.
Ramptoestand weer verleng
Dlamini-Zuma het op 15 Maart verlede jaar die eerste keer die ramptoestand afgekondig.
Trump vir ongekende tweede keer in staat van beskuldiging
Trump het presies ʼn jaar gelede ʼn eerste staat van beskuldiging oorleef toe hy daarvan beskuldig is dat hy sy amp misbruik het om politieke ongerymdhede oor Biden se familie voor die verkiesing in te samel.
Covid-19-statistieke: Meer as 18 000 nuwe gevalle
Suid-Afrika het tans meer as 212 000 aktiewe gevalle van die virus.
Gedagte vir die dag: Geduld
My sterkte, op U wag ek, want U, o God, is my skuilplek. (Psalm 59:10)