“Tot ons weer ontmoet …”
Alles vir Dinsdag 26 Januarie 2021
Twee polisielede sterf in gru-ongeluk in KZN
Die vragmotorbestuurder het glo vroegoggend versuim om by ʼn verkeerslig stil te hou.
Mayweather kla oor rassisme, klim kaalvuis onder McGregor in
“Swendelaar ‘McLoser’ kan alles van my steel en steeds is mense lief vir hom terwyl hulle my haat. Dit wys jou net dat daar steeds rassisme is.”
Uitdrukking: Hygend hert!
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “Hygend hert!”
‘Honderde miljoene’ bestee om Gautengse skole te ontsmet
Die DA vra dat die Gautengse premier beweerde korrupte betalings aan ondernemings wat skole ontsmet het, ondersoek.
Gedenkdiens vir Netcare-slagoffers
Die Burgerlike Lugvaartowerheid het intussen reeds met ʼn ondersoek na die ongeluk begin.
Klag teen Trump by senaat ingedien
Só lui die klag teen oudpres. Donald Trump wat Maandag by die senaat ingedien is.
LJ praat oor die Olimpiese Spele
“Dit is nou al die einde van Januarie en daar is nog geen definitiewe byeenkomste vir die volgende agt weke vir ons Suid-Afrikaanse atlete geskeduleer nie. Dit is ook moeilik vir atlete wat reeds vir 2020 gekwalifiseer het – jy kan ook net soveel doen om skerp te bly.”
Boek: ‘Spooksoeker #3’ – François Bloemhof
‘Spooksoeker #3’ is die laaste boek in Francois Bloemhof se tienertrilogie en dié verhaal is soos ’n wegholperd. Jy beter jou sit ken en klou vir al wat jy werd is!
60%-daling in toeriste in Wes-Kaap
Party van die groot toeriste-aantreklikhede in die Wes-Kaap het meer as 80% minder besoekers gedurende die piekseisoen ontvang as verlede jaar.
Mantashe-stigting kap terug oor korrupsiebewerings
Die stigting sê vrae moet gevra word oor die spesifieke mense betrokke by die bewerings en nié aan die stigting nie.
Groot skade ná Eloise SA tref
Volgens die weerdiens sal die stormweer na verwagting Dinsdag begin opklaar.
MD se ‘Veg en bou’ betree Top-20
Die liedjie is uit Greyling se pen en vervaardig deur Ricus Nel by Hardekole Studios.
Resep: Papawersaad-en-kersie-broodjie
Kyk net hoe mooi!
Kabeldiefstal kos Jhb miljoene
Die miljoene wat die stad weens diefstal verloor, sluit boonop nie die koste van herstelwerk óf onderdele in nie.
Proteas kies twee draaiers vir Pakistan-toets
Quinton de Kock het vanoggend die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Maar ten spyte van ’n flinke begin, is Aiden Markram (13) en Rassie van der Dussen (17) reeds terug in die kleedkamer.
Droogte is ’n verskriklike, hartverskeurende ding
Die boere se planne om te sorg is op! Klaar! Die meeste leef van dag tot dag. Daar is genoeg by die regering gepleit om hulp. Al wat hulle oor het, is die Here en ons, skryf ds. Deon van der Berg van Beginet.
Fraserburg en sy skatte
Op die oog af is Fraserburg ’n tipiese Karoodorp – afgeleë en met weinig te bied vir die hedendaagse oorhaastige toeris. Bernard K Hellberg skryf oor wat die dorp sy internasionale aansien gegee het en ‘n noodsaaklike besoekpunt op elke plaaslike toeris se doenlys maak.
VSA stel reisverbod teen SA in
Die VSA het soos vermoed Suid-Afrika se naam gevoeg by dié van lande wat nie toegelaat word om tans na Amerika te reis nie.
Masker by begrafnis: Premier erken skuld; betaal boete
“As openbare figuur moes ek van beter geweet het, veral aangesien ek boonop ’n Covid-19-begrafnis bygewoon het.”