Tuisspan se kolwers veg terug: Van 27/4 na 378 en ’n voorsprong van 158 lopies.
Alles vir Donderdag 28 Januarie 2021
Hofsaak oor entstowwe dán aangehoor
Hierdie organisasies voer in hofstukke aan dat die regering die privaat sektor doelbewus uitsluit.
Mediese trust geskep vir uitvoerende kunstenaars
“Die doel van die trust is om kunstenaars in enige soort mediese krisis by te staan.”
Gewapende rowers teiken pendelaars in bus
Die rowers het hulle as passasiers voorgedoen en mense van hul persoonlike besittings en selfone beroof.
Verbruikersake: Jou regte met bêrekoop
Ina Opperman verduidelik wat jou regte is wanneer jy iets bêrekoop en hoe jy hierdie regte kan toepas.
Tydelike onderwysers in Mpumalanga wel betaal
Die onderwysvakbond SAOU het die afgelope week gesê hy kan hom moontlik tot die hof wend om die departement te dwing om die salarisse te betaal.
Covid-19-statistieke: Herstelkoers styg steeds
Honderde nuwe sterftes is egter ook aangemeld, talle daarvan in Limpopo. Mkhize sê dié provinsie is steeds besig met ʼn oudit van alle sterftes in hospitale.
Eerste entstof Maandag in SA
Die vlug met die besending entstof vertrek Sondag uit Indië.
Gedagte vir die dag: Geluk
Wanneer jy die Here jou God gehoorsaam en sy gebooie en voorskrifte nakom wat opgeteken is in hierdie wetboek, en wanneer jy met hart en siel terugkom na die Here jou God, sal Hy Hom weer oor jou verbly soos Hy Hom oor jou voorvaders verbly het en sal dit met jou goed gaan. (Deuteronomium 30:9-10, Bybel in Afrikaans 1983/1992)