In Australië is die virus grootliks in bedwang en Andy Marinos, die nuwe uitvoerende hoof van Rugby Australië, sê die land is in die posisie om as gasheer vir die toer op te tree.
Alles vir Maandag 1 Februarie 2021
As Kaapstad ’n koffie was, hoe sou dit proe?
Koffieliefhebbers kry die geleentheid om met ʼn koppie boeretroos om die wêreld te reis en die plaaslike geure van die verskeie stede te kan proe.
Minder renosters in 2020 in SA gestroop
Renosterstropery het verlede jaar vir die sesde agtereenvolgende jaar in Suid-Afrika afgeneem.
Vierjarige kom met takbokkie-vriend huis toe
“Dis die oulikste ding ooit!” het een persoon reageer.
Oorsaak van talle pelikaanvrektes in Senegal bekend
Honderde pelikane het vroeër in Januarie in die park gevrek.
Strandbetogings: Dalk nóg meer burgerlike opstand teen regulasies
Honderde betogers het die naweek na strande opgeruk om teen die sluiting van dié openbare ruimtes te betoog.
Woord: blikners
“Blikners” kan gebruik word vir “deurgeskaaf” of “nerfaf”. Taaltoffie stel ondersoek in.
eMalahleni-man se liggaam ná fratsongeluk in rivier gevind
“Hy het altyd gelag. Nou is sy stem vir ewig stil.”
Elke diertjie sit sonder ’n plesiertjie
“Kreatiewe wetteloosheid” onder selfs die mees wetsgehoorsames onder ons floreer. Soos iemand onlangs geskryf het: ‘Die grendelstaat het van goeie mense, misdadigers gemaak.”
Zondo kan ‘gʼn samewerking meer van mý verwag’ – Zuma
Oudpres. Jacob Zuma sê hy is gereed om tronk toe te gaan – nes in die apartheidstyd – om vir sy grondwetlike regte te stry.
Monumente van hoop
Ons het ’n hele beweging van selfhelporganisasies begin as monumente van hoop, skryf Flip Buys.
Video: Rinél Day vier dekade in musiekbedryf
“Ek is baie bevoorreg dat ek al ʼn dekade lank my droom kan uitleef. Ek het in 2011 my eerste album vrygestel en hier sit ek met ʼn nuwe enkelsnit.”
Staatsgreep in Mianmar; Aung San Suu Kyi aangehou
Die weermag in Mianmar regverdig die staatsgreep deur bewerings van “grootskaalse ongerymdhede” tydens verlede jaar se demokratiese verkiesing.
SA bestel 20 miljoen dosisse Pfizer-entstof
Suid-Afrika beoog om 67% van sy bevolking, oftewel sowat 40 miljoen mense, teen die einde van die jaar teen Covid-19 in te ent. Daar is egter nog nie met inentings begin nie.
Resep: Viskitsery
ʼn Eenpotgereg met min moeite.
Oudpolisiebeampte, 2 ander skuldig aan student se ontvoering
’n Voormalige polisiebeampte en twee ander het destyds ’n chemiestudent van die Universiteit van die Vrystaat aangehou en gedwing om dwelms te maak.
Man dood, polisievrou en drie ander gewond in skietery
Die motief vir die skietery is in dié stadium nog nie bekend nie.
Boek: ‘Kiets in Parys’ – Dianne Hofmeyr, Piet Grobler
Kiets is anders as die ander katte in die agterstrate van Parys. Sy kan enigiets doen waarop sy haar kop sit. Selfs wanneer ander nie in haar glo nie! Die boek is geskik vir kinders vyf jaar en ouer.
Ses by lughawe vasgetrek oor ‘Covid-19-medisyne’
Vier mans en twee vroue is in afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem nadat hulle van Indië af in die land aangekom het.
Pasop vir ‘bankverteenwoordigers’ wat vis vir jou geld
“Onthou dat booswigte enige iets sal doen om soos die mense en maatskappye wat jy vertrou te lyk en op te tree. Hulle sal tot uiterstes gaan om jou geld te steel en ja, dit kán met jou gebeur.”