“As 2021 ʼn video was … Jy gaan rustig voort met jou oefeninge terwyl ʼn staatsgreep agter jou ontvou.”
Alles vir Dinsdag 2 Februarie 2021
Drankregulasies moes ‘geleidelik’ verslap word
“Nadat die eerste verbod op drankverkope opgehef is, was daar dadelik ʼn toename in alkoholverwante traumagevalle. ʼn Soortgelyke situasie moet in die toekoms vermy word.”
Brandbestryder sterf in Overberg-brande
Nelio was spoggerig toe hy ʼn brandweerman geword het. Hy was trots op die werk wat hy gedoen het.
Hofbevel ‘deurbraak’ vir vinnige toegang tot ivermektien
Dié hofbevel maak dit moontlik vir dokters om reeds met behandeling te begin sodra hulle die artikel 21-aansoek ingedien het.
Só hou kunstenaars die pot aan die kook
Van ʼn koffiestalletjie tot die eiendomsmark tot mooimaaksessies. Afrikaanse kunstenaars vertel aan Maroela Media waarmee hulle die pot aan die kook hou terwyl hulle nie op die verhoog kan wees nie.
BLM-beweging vir Nobelprys benoem
Die beweging is reeds in 2013 in die VSA op die been gebring, maar het in Mei verlede jaar veral momentum gekry ná die dood van George Floyd in Minneapolis.
Groot hoeveelhede reën landswyd aangeteken
Reën- en donderbuie wat met koeler weer gepaardgaan, sal vir die res van die week in dié provinsies voortduur.
Toekoms van manstennis in ‘goeie hande’
Die wêreld se voorste speler, Serwië se Novak Djokovic, meen dié jong speler moet dopgehou word.
Staatsgreep in Mianmar: Wat gebeur nou?
Gaan die mense die staatsgreep gedweë aanvaar, of in opstand kom?
Foto’s: Hewige sneeustorm tref New York
Die storm dreig om New York onder byna twee voet (sowat 60 cm) se sneeu te begrawe.
Gebrekkige entstofplan beteken ‘derde vlaag kom’
Politieke partye sê die regering se beloftes oor kudde-immuniteit is ʼn lugkasteel en daar is steeds groot onduidelikheid oor presies hoe die entstofprogram gaan verloop.
Resep: Eenbakete met Weense worsies
Hierdie is maklike resep wat jou sak sal pas.
Groot sprong vir Riaan Benadé op Top-20
Riaan is die seun van Franna Benadé van die bekende sangduo van die negentigs Innes en Franna Benadé.
Correa weer agter die stuur na gru-ongeluk
“Ek sal my beste gee en ek doen in elk geval weer dit waarvoor ek so lief is; dit is reeds ’n groot oorwinning in my oë.”
Uitdrukking: te dik vir ʼn daalder
Al ooit gewonder waar die uitdrukking “te dik vir ʼn daalder” vandaan kom? Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind!
Betogings in Portland toe Biden ingesweer word
“’n Kultuur van kriminaliteit” heers na bewering in Portland in die Amerikaanse deelstaat Oregon weens voortdurende onluste in dié stad.
Man vas na moord by sekerheidsmaatskappy
Die ontvangsman is verskeie kere in die bors geskiet.
Nehawu na hoogste hof oor staatsamptenare se salarisse
Die vakbond sê as die regering toegelaat word om ʼn ooreenkoms te herroep, gaan dit ʼn presedent skep vir ander werkgewers om dieselfde te doen.
Witbank-slagoffer se naam bekend
Die bejaarde vrou is vasgebind en seep in haar gesig gegooi.
Boek: Wat het ’n seeolifant en ’n luiperd gemeen?
In ‘Diere van die orde’ word die klassifikasie van diere volgens hul natuurlike verwantskap verduidelik. Dit is geskik vir kinders tussen nege en 14 jaar.